Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Covid-Ters-voordeel weer verleng
Werkgewers kon reeds sedert April van die WVF eis as hulle weens die Covid-19-pandemie nie hul werknemers kon betaal nie. Foto: Pixabay

Die Covid-19-Ters-voordeel gaan verleng word om tot 15 November te geld.

Dit volg nadat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Woensdag in die Staatskoerant aangekondig het die ramptoestand word tot 15 November verleng.

Die werkgewersorganisasie Neasa sê Donderdag in ’n verklaring gegewe dat die departement van arbeid voorheen die datum tot wanneer die Covid-19-Ters-voordeel geëis kan word, elke keer verleng het nadat die ramptoestand verleng is, sal dit nou ook die geval wees.

Neasa wys daarop dat werkgewers net vir dié voordeel kan eis indien hulle weens die inperkingsregulasies nie toegelaat is om in bedryf te wees nie, of as dit nie moontlik is om die vereiste gesondheidsregulasies by die werk in te stel nie.

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF), wat die Covid-19-Ters-skema bestuur, het op 13 Oktober herhaal dat die volgende spertye vir eise geld:

  • Geen eise word meer aanvaar vir Maart tot Mei nie;
  • Eise vir Junie sluit op 15 Oktober (vandag); en
  • Eise vir Julie tot 15 September sluit op 30 Oktober.

Geen verdere datums word genoem nie.

Die departement van arbeid is genader om te bevestig of die tydperk waarvoor die Covid-19-Ters-voordeel geëis kan word, wel ook verleng word.

Betalings

Volgens Neasa, wat daagliks ’n peiling doen oor hoeveel betalings werkgewers ontvang het, is daar steeds baie eise uitstaande.

Neasa sê teen 15 Oktober het nog net 5% van werkgewers wat eise ingedien het vir September, betaling ontvang. Hiervan is net 55% se eise ten volle betaal.

Vir die vorige maande lyk Neasa se syfers as volg:

  • April: 12% het geen betalings ontvang nie. Van die 88% van werkgewers wat betaling ontvang het, is 75% ten volle betaal;
  • Mei: 15% het geen betalings ontvang nie. Van die 85% van werkgewers wat betaling ontvang het, is 74% ten volle betaal;
  • Junie: 22% het geen betalings ontvang nie. Van die 78% van werkgewers wat betaling ontvang het, is 80% ten volle betaal;
  • Julie: 32% het geen betalings ontvang nie. Van die 68% van werkgewers wat betaling ontvang het, is 66% ten volle betaal; en
  • Augustus: 43% het geen betalings ontvang nie. Van die 57% van werkgewers wat betaling ontvang het, is 49% ten volle betaal.

Die WVF het voorheen gesê dat hy sedert April reeds meer as R43 miljard as deel van die voordeel uitbetaal het.

Daar is egter ondersoeke aan die gang oor beweerde ongerymdhede nadat ’n oudit deur die ouditeur-generaal vrae aangedui het oor tot R1 miljard se uitbetalings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.