Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Dagga rook en bestuur? Versekeraar gaan nié betaal!

As jy dagga gebruik het voor ’n motorongeluk, sal jou versekeraar nie vir die skade aan jou óf ’n derde party se motor betaal nie.

Die konstitusionele hof sê ja, maar versekeraars dek nie bestuurders wat dagga gebruik het en dan in ’n ongeluk betrokke is nie. Foto: Getty Images

So verduidelik Ernest North, medestigter van die motorversekeraar Naked.

Hy sê Suid-Afrikaanse motorversekeringsmaatskappye sal dalk die bewoording van hul polisse moet hersien nadat die konstitusionele hof in Johannesburg in September die persoonlike besit en gebruik van dagga gewettig het.

Die meeste versekeraars het klousules in hul polisse wat verklaar dat bestuurders nie gedek sal word as hulle tydens ’n ongeluk onder die invloed van alkohol of dwelms is nie. Dit het nie verander ná die hofuitspraak oor dagga nie, sê North.

Om te toets of ’n bestuurder onder die invloed van dwelms of drank was met die maak van ’n ongeluk, word ’n bloedtoets dikwels vereis. Indien ’n bestuurder ’n vereiste bloedtoets weier, kan hul versekering ook opgeskort word.

Hoe lank kan dagga in jou lyf gemeet word?

Die probleem met dagga is dat dit nie net vandag se dampie is wat deur ’n bloedtoets opgetel word nie – ’n goeie toets kan dit bewys tot 90 dae nadat jy dagga gebruik het! Hier is die webwerf Healthline se ontleding van hoe lank dagga opgespoor kan word ná jou laaste gebruik:

  • Urine: 3 dae vir geleentheidsgebruikers; tot 30 dae vir swaar, gereelde gebruikers.
  • Bloed: 1-2 dae vir geleentheidsgebruikers; tot 25 dae in uitsonderlike gevalle.
  • Spoeg: 1-3 dae vir geleentheidsgebruikers; tot 1-29 dae vir swaar, gereelde gebruikers.
  • Hare: Tot 90 dae vir enige gebruiker.

Die algemeenste toets is ’n bloedtoets.

Rakende drank wys ’n asemtoets of bloedtoets die presiese waardes wat dan wys op watter vlak van dronkenskap iemand was. Dagga is moeiliker om te evalueer, sê North.

“Bloedtoetse kan die onlangse gebruik van dagga onthul, maar daar is geen definitiewe manier om te wys dat ’n persoon blootstelling gehad het wat hul oordeel in die tyd van die ongeluk sou beïnvloed het nie,” sê hy.

Benewens ’n bloedtoets kan ooggetuies se weergawe van die voorval deurslaggewend wees om te bepaal of die bestuurder se oordeel aangetas is.

Vir die talle mense wat dagga vir pyn en ander mediese doeleindes gebruik, is bestuur nou baie riskanter.

North meen die beleid daaroor sal vinnig aangepas moet word om billik te wees. “Is dit billik om iemand wat pyn ervaar, te vra om te besluit tussen die gebruik van hul mediese voorskrif of om te bestuur? Die pyn kan eintlik hul risiko verhoog om ’n ongeluk te maak, meer as deur net ’n klein, voorgeskrewe dosis dagga te gebruik.”

Totdat daar beleidsrigting en duidelikheid hieroor is, is North se raad om eerder nie te bestuur ná daggagebruik nie – of die rede nou medies, godsdienstig of net vir ontspanning was.

Meer oor:  Motorongelukke  |  Versekeraars  |  Dronkbestuur  |  Versekering  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.