Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Die bank van die toekoms: fone en ‘Fitbits’

Hoe gaan jou bank in die toekoms lyk?

Kyk na die slimfoon in jou hand of die fiksheidsbandjie aan jou arm – dit is jou bank én jou beursie.

FNB beplan om later vanjaar ’n diens bekend te stel waarmee jy jou fiksheidsbandjie sal kan gebruik om vir aankope te betaal. Foto: Pixabay

FNB glo dié mobiele en draagbare tegnologie is waarmee Suid-Afrikaners in die toekoms hul banksake en sommer betaling vir hul koffie in die gimnasium gaan doen.

FNB het Woensdag sy nuwe aanlyn platform in Sandton, Johannesburg bekend gestel.

“Banke soos ons webwerwe is deesdae ’n platform en nie meer net ’n diens nie,” sê Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB.

Jy gaan letterlik net die bandjie teen ’n betaalpunt wat die inligting daarop kan lees tik en dan betaal jy vir jou aankoop.
Raj Makanjee van FNB

“Ons as ’n bank het reeds die inligting van klante en hulle betaalinfrastruktuur, en ons kan dus maklik ons platform uitbrei waarop dié dienste gebruik kan word,” sê hy.

FNB wil ook nou net een platform bied hetsy kliënte dit vir sake- óf persoonlike redes gebruik.

In die jongste ontwikkeling het FNB ’n diens bekend gestel waar enige Suid-Afrikaanse burger met ’n slimfoon ’n bankrekening met behulp van die bank se app kan oopmaak.

Lees ook: Neem net ’n selfie – en maak ’n bankrekening oop

Die app gebruik tegnologie wat kan sien waar jy beweeg om jou huisadres te bevestig.

Die kontrakte word digitaal aan jou gestuur wat jy op die app moet aanvaar en dan word die rekening geskep.

Die “selfie”-tegnologie – wat reeds beskikbaar is – is nie al wat FNB vanjaar wil bekendstel nie.

Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB.Foto: Elvira Wood

“Ons werk saam met Garmin en Fitbit wat fiksheidsbandjies maak om tegnologie te ontwikkel waar mense later vanjaar dié bandjies gaan kan gebruik om vir aankope te betaal.

“Jy gaan letterlik net die bandjie teen ’n betaalpunt wat die inligting daarop kan lees tik en dan betaal jy vir jou aankoop,” verduidelik Raj Makanjee, ook van FNB.

Nee vir Apple

Hy sê in dié stadium sal die diens ongelukkig nie op draagbare produkte wat deur Apple gemaak word beskikbaar wees nie.

Nóg ’n diens wat FNB binnekort wil bekendstel, is waar kliënte enige QR-kode – of dit nou dié wat deur ’n ander app geskep is of nie – kan lees.

“Jy gebruik dus net jou FNB-app om betalings te doen. Jy gaan nie meer tussen al die verskillende apps hoef oor te skakel om betalings te maak nie,” belowe hy.

Hy sê die bank ontwikkel dié diens in samewerking met Mastercard en Visa wat sal verseker dat QR-kodes wat vanuit hul eie platform geskep word, internasionaal erken sal word.

“Jy gaan letterlik ’n QR-kode vir jou klein onderneming – selfs al verkoop jy net goedere oor ’n naweek op ’n vlooimark – kan skep.

“Mense gaan dan met hulle fone vir jou goedere kan betaal.

“Ons breek dus met behulp van tegnologie die grense tussen mense se persoonlike en besigheidsbankdienste af,” sê hy.

Meer oor:  Fnb  |  Jacques Celliers  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 934,4 (2167)
  • Top 40 51125,84 (2432)
  • All Share 57186,66 (4105)
  • Resource 10 41461,6 (-49914)
  • Financial and Industrial 30 78132,29 (36200)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.