Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Die tjek staan met 1 voet in die graf

Vanaf 1 Mei vanjaar sal Suid-Afrikaners nie meer tjeks van meer as R50 000 kan uitskryf nie.

Die geliefde ou oorhandigingstjek. Van 1 Mei af sal tjeks van meer as R50 000 nie meer in Suid-Afrika toegelaat word nie, want ondernemings word aangemoedig om weens bedrogrisiko’s na elektroniese betaalwyses oor te skakel. Foto: Hermanus Times

Die Betalingsvereniging van Suid-Afrika (Pasa) het al in Junie verlede jaar stil-stil dié aankondiging gemaak, maar banke begin nou om hul kliënte meer bewus te maak van dié nuwe reëls oor tjeks wat oor sowat vyf maande in werking tree.

FNB het Dinsdag sakeondernemings en organisasies wat nog tjeks gebruik aangemoedig om te begin oorskakel na elektroniese betalings.

Volgens Pasa sal daar ’n grasietydperk van agt maande wees vir tjeks wat voor 1 Mei uitgeskryf is, maar nog nie teen daardie datum verwerk is nie – die spreekwoordelike tjek in die pos.

Volgens Kenneth Matlhole, woordvoerder van FNB Business, sal verskeie ondernemings en openbare instellings soos kerke, skole, skrootmetaalhandelaars, boere, motorbedryf-ondernemings, afslaers en andere wat steeds tjeks gebruik, erg deur die nuwe reëls geraak word.

Hy gee die volgende raad:

Tree nou op: Afhangende van die aard van die onderneming of instelling kan dit tot kontantvloei-ontwrigting lei as daar van tradisionele betaalstelsels wegbeweeg word. Ondernemings moet genoeg tyd afstaan om na moderne betaalstelsels oor te skuif. Personeel moet behoorlik opgelei word.

Sake-tot-sake-transaksies: Ongeag of die onderneming tjeks ontvang of tjeks uitskryf, is dit raadsaam om betyds met verskaffers en sakevennote oor enige nuwe betaalreëlings te kommunikeer. Ondernemings kan afslag of aansporings bied aan verskaffers of sakevennote wat na elektroniese bankkanale oorslaan, sodat die proses versnel kan word.

In die lig van die administrasie, die opgaar van fisiese papier, en die wagtyd vir tjeks sal die groter doeltreffendheid van elektroniese betalings reeds ’n aansporing wees, meen Matlhole.

Slaan oor na elektronies: Sodra ’n deeglike ontleding gedoen is van hoe die onderneming tjeks gebruik, is die volgende stap om op die mees toepaslike en doeltreffendste elektroniese betaalstelsel te besluit.

Walter Volker, uitvoerende hoof van Pasa, het in Julie verlede jaar gesê hoewel minder as 10% van alle tjeks in Suid-Afrika vir bedrae van meer as R50 000 uitgeskryf word, is die kleiner perk nodig om bedrogrisiko’s te verminder. Die huidige perk op tjeks is R500 000.

Boonop daal die gebruik van tjeks teen sowat 30% per jaar namate Suid-Afrikaners die gerief en veiligheid van digitale betalings benut, sê Volker.

Hy beklemtoon die Reserwebank steun ook die besluit om die maksimum perk op tjeks tot R50 000 te verlaag.

Wie is Pasa?

Pasa is ’n selfregulerende liggaam wat in 1996 gestig is en deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank goedgekeur is om ’n nasionale bankbetaalstelsel ingevolge die wet oor ’n nasionale betaalstelsel te bestuur. Die meeste geregistreerde banke in Suid-Afrika is lid van Pasa. Benewens die groot vier banke sluit dit onder meer Capitec, VBS, Sasfin, HSBC, Investec Bank, Grindrod Bank, die SA Poskantoor, Diners Club SA, Finbond Mutual Bank, BNP Paribas, Bidvest Bank, African Bank, Albaraka Bank, Bank of China, UBank, State Bank of India en Habib Overseas Bank as lede in.

Meer oor:  Tjeks  |  Betalings  |  Pasa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.