Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Dien jou taks-opgawe in 4 minute in met nuwe app

Dit gaan jou net sowat 4 minute neem om Jan Taks se app af te laai en jou belastingopgawe in te dien.

Ed Kieswetter
Ed Kieswetter, nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Dit is die belofte van Ed Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Dinsdag tydens die bekendstelling van die nuwe belastingseisoen vir 2019.

Kieswetter sê die diens gaan vanjaar uit sy pad om belastingbetalers te probeer oortuig om vanjaar óf eFiling óf sy app te gebruik om belastingopgawes in te dien.

“Baie min mense weet nog van ons app. Ons wil graag hê hulle moet dit gebruik,” sê Kieswetter.

Hy het die media by die SAID se hoofkantoor in Pretoria toegespreek oor die diens se planne vir vanjaar se belastingseisoen.

“Ons het baie moeite gedoen om die app meer aanloklik te maak vir verbruikers. Dit laat nou selfs biometriese meetinstrumente toe om jou toegang tot die app te gee. Jy kan dus jou vingerafdruk gebruik om vinnig toegang daartoe te kry.”

Die SAID het gratis WiFi by al sy takke en selfs sy 23 mobiele eenhede vir belastingbetalers wat eFiling of die app wil gebruik.

Boonop kan belastingbetalers wat elektroniese kanale gebruik, hul opgawes reeds vanaf 1 Julie indien. Daarteenoor moet belastingbetalers wat hul opgawes by takke indien, dit eers vanaf 1 Augustus doen.

Belangrike datums
  • Belastingbetalers wat hul opgawes by takke indien, kan dit vanaf 1 Augustus tot 31 Oktober indien.

  • Mense wat via eFiling of die app indien, kan dit vanaf 1 Julie tot 4 Desember indien.
  • Voorlopige belastingbetalers wat eFiling gebruik, moet hul opgawes teen 31 Januarie 2020 indien.

“Verstaan wel dat as jy na ons takke toe kom, gaan ons hard werk om jou te probeer oortuig om eerder jou opgawe aanlyn in te dien,” waarsku Kieswetter.

Kieswetter sê Suid-Afrikaners moet ook eers kyk of hulle enigsins ’n opgawe hoef in te dien of nie.

“Ons het ’n reuse-probleem dat daar in die vorige belastingseisoen nog sowat een miljoen Suid-Afrikaners by ons takke opgedaag het om opgawes in te dien. Dít terwyl hulle dit nie hoef te doen nie.

“Ons gee nie om dat mense ons takke besoek nie. Maar ek is seker daarvan jy sal verkies om ons eerder nie te besoek nie.

“Belastingbetalers wat ons takke besoek wanneer hulle nie opgawes hoef in te dien nie, skep ook die probleem dat lang toue in die takke ontwikkel. Dit vertraag dan die proses vir belastingbetalers wat wél opgawes moet indien,” verduidelik hy.

Suid-Afrikaners wat minder as R500 000 per jaar by ’n enkele werkgewer verdien en wat geen ander spesifieke aftrekkings het wat in ag geneem moet word nie, hoef nie ’n opgawe in te dien nie.

“Tegnologie stel ons in staat om al die nodige inligting vir dié belastingbetalers outomaties in te vorder. Ons kan dan die opgawe self verwerk,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.