Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Dís wat borskanker jou kan kos

As jou dokter die medisyne Herceptin vir borskanker voorgeskryf het, kan jy R500 000 in een jaar net vir jou medikasie betaal.

Na gelang van die dosis kan dit selfs méér wees.

Borskanker is een van die grootste redes hoekom vroue langtermynversekering eis. Foto: Pixabay

Dit is luidens die versekeringsarm van Momentum, wat sê kanker is een van die grootste redes vir eise op lewens- en ongeskiktheidsversekering.

Momentum sê in 2018 het sy Retail Life Insurance R4 miljard se eise uitbetaal. Bykans 60% van dié geld is vir eise weens óf kanker óf kardiovaskulêre siektes uitbetaal.

Momentum sê hy kan uit sy statistieke sien dat wanneer dit by kanker kom, is veral borskanker by vroue ’n probleem.

En dit is ’n siekte wat vroeg reeds kan toeslaan. Momentum se statistieke wys dat bykans 50% van vroue wat met borskanker gediagnoseer is, tussen 30 en 49 jaar oud is.

George Kolbe, hoof van bemarking vir Momentum Retail Life Insurance, sê dit is dus noodsaaklik dat mense die regte versekering het om kostes wat met dié en ander gevreesde siektes verband hou te kan dek.

Hoewel Momentum nie sê wat die presiese oorsaak vir die uitbetaling vir sy grootste eise in 2018 was nie, sê hy wel wat die grootste bedrae was wat hy vir enkele eise betaal het:

  • Lewensversekering: R45 miljoen
  • Kritiese siekte: R3 miljoen
  • Ongeskiktheid: R4 miljoen

Momentum se bevinding dat kanker, en veral borskanker, ’n groot probleem in Suid-Afrika is, stem ooreen met die statistieke van ander versekeraars.

Wat betref enkelbedrag-ongeskiktheidseise was kanker ook die grootste rede vir uitbetalings by Sanlam en Liberty.

Mans het meestal vir prostaatkanker en vroue vir borskanker geëis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.