Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Dít is Suid-Afrikaners se droomkar

As Suid-Afrikaners enige kar op die mark kon bekostig, sou die meeste (15%) in ’n BMW gesien wou wees en die tweede meeste (12%) in ’n Mercedes-Benz.

Droomkar
Die meeste Suid-Afrikaners wil graag 'n BWM ry. Foto: Pixabay

Wat hulle wel kan bekostig, sien ’n bietjie anders daar uit, met 19% van mense met hul eie motor wat in ’n Volkswagen ry, 11% in ’n Toyota, 9% in ’n Ford, nog 9% in ’n Hyundai en net 6% wél in ’n BMW.

Nagenoeg 40% van Suid-Afrikaners besit hul eie motor, en van dié mense is 57% se motor minder as R100 000 werd.

Dié syfers is uit ’n peiling oor die finansiële welstand en aspirasies van Suid-Afrikaners wat die betaaldaglener Wonga gedoen het. Altesame 7 825 mense is in die peiling ondervra, maar dit verteenwoordig veral jonger mense (nagenoeg 43% is 25 tot 34 jaar oud).

Hoe hoër mense se opvoedingsvlak en salaris, hoe eerder sal hulle ’n Mercedes wil ry.

As dit kom by die motor wat hulle tans ry, lyk dit of Hyundai gewilder is onder vroue as onder mans. Dis die tweede gewildste voertuig vir vroue en net die vyfde gewildste vir mans.

Meer oor:  Mercedes  |  Old Mutual  |  Bmw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2521,3 (781)
  • Top 40 48435,04 (-40196)
  • All Share 54187,92 (-45010)
  • Resource 10 42508,28 (-27618)
  • Financial and Industrial 30 73364,47 (-64797)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.