Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
‘Dra jou banknommer oor, al skuif jy van bank’
Standard Bank se kantore in Kaapstad.

Bankkliënte moet hul bankrekeningnommers kan behou as hulle van een bank na ’n ander skuif.

Dit is van die aanbevelings van die onafhanklike navorsingsfirma Intellidex in reaksie op Tito Mboweni, minister van finansies, se beleidskrif oor ekonomiese groei.

Die Europese Unie en Indië ondersoek tans die idee van rekeningnommer-oordraagbaarheid en Suid-Afrika behoort dit ook te ondersoek, glo dr. Stuart Theobald, Peter Attard Montalto en dr. Graunt Kruger van Intellidex in hul amptelike kommentaar op die beleidskrif.

Dit sal dit vir mense makliker en goedkoper maak om na nuwe banke oor te skakel.

Beleggers van oraloor is opgewonde dat die beleidskrif voorkeur gee vir ’n bewysgegronde, rasionele ekonomiese beleid.

Theobald-hulle sê dis verfrissend dat die beleidskrif sterk standpunt inneem dat die staat ’n fasiliteerder is. Dit is in skerp kontras met die ingesteldheid in die meeste begrotingsposdebatte in die parlement in Junie, waarin die heersende retoriek uit staatskringe steeds ’n groot en leidende staatsektor voorsien.

Intellidex het egter die volgende punte van kritiek:

  • Die dokument is nie duidelik oor wat Suid-Afrika aan die res van die wêreld wil bemark nie – dit wil sê die geleenthede wat aan internasionale beleggers gebied sal word wat kapitaal sal lok om die ekonomie uit te brei nie. Daar is ’n gebrek aan visie oor hoe die toekomstige ekonomie moet lyk.
  • Die plan bevorder mededingendheid en arbeidsintensiewe groei, maar spel nie uit “wat dié soort groei vir ons sal gee nie”.
  • Dis goed en wel om bankmededingendheid te verbeter om verbruikers te bevoordeel, maar dit bied net marginale voordeel vir ekonomiese groei. Dis belangriker dat banke oortuig moet kan word om beleggings te finansier. Dit vereis beleidsekerheid en die langtermynkontantvloei van projekte moet sigbaar wees. Goeie verkrygingsbeleid soos met die regering se suksesvolle groenkragprogram is die manier waarop banke gelok kan word om ekonomiese groei aan te dryf.
  • Die idee om van Eskom se steenkoolkragstasies te verkoop sal baie moeilik uitvoerbaar wees. Intellidex twyfel of daar enige kopers teen ’n redelike prys sal wees. ’n Private maatskappy sal nie die omgewingsrisiko van ’n steenkoolkragstasie op hom wil neem nie. Hulle meen dit sal beter wees om die kragstasies gouer te sluit en oor te slaan na hernieubare energie.

Intellidex het die volgende aanbevelings:

Oor die banksektor

  • Die oordraagbaarheid van bankrekeningnommers (soos selfoonnommers) kan ondersoek word om mededinging te verbeter.
  • Daar behoort depositoversekering te wees om nuwe bankkliënte te beskerm.
  • Die Wet op Onderlinge Banke van 1993 moet hersien en gemoderniseer word om die grondslag te vorm vir ’n tweede vlak van banke met laer kapitaalvereistes en laerisiko-sakemodelle.

Oor die informele sektor en kleinsake

Kleinsake moet vrygestel wees van ’n wyer reeks regulatoriese en burokratiese vereistes, soos minimum lone.

Oor Eskom en ander energiesake

Die geïntegreerde hulpbronplan (IRP) – Suid-Afrika se energiebloudruk – behoort elke 24 maande deur ’n paneel van drie konsultante hersien te word.

Meer oor:  Maatskappye  |  Bankbedryf  |  Finansiële Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.