Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Duurder brandstof gáán kospryse opdruk

Met 70% van Suid-Afrikaanse voedsel wat per pad vervoer word, is dit voor die hand liggend dat duurder brandstof negatief sal inwerk op voedselinflasie, asook op verbruikers se besteebare inkomste, sê Dawie Maree van FNB Agrisake.

Duurder brandstof gaan kos duurder maak. Foto: Pixabay

Die petrolprysstyging van 74c per liter en sowat 91c per liter vir diesel wat Woensdag in werking getree het, sal ook boere se kontantvloei erg raak, sê Maree in ’n verklaring.

Die hoër pryse het ’n uitwerking op die hele landbouwaardeketting omdat produsente brandstof gebruik in masjinerie wanneer grond bewerk en daar geoes word, en vir die vervoer van landbouprodukte.

Maree sê baie boere wat laat geplant het, gebruik nog baie diesel. Die verdere styging van 30c per liter in die brandstofheffing vanaf April soos aangekondig in die begroting, sal sake bemoeilik. 

Meer oor:  Kospryse  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.