Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Gee jou huiswerker só ’n beter kans

Daar is maniere hoe om huiswer­kers te help om hul omstan­­dig­hede te verbeter,  skryf Letitia Watson.

  

Opleiding van jou huiswerker help nie net vir jou nie, maar kan dit ook vir hom of haar makliker maak om bykomende werk te kry.

Daar is sowat 1 miljoen huiswerkers en die meeste van hulle is enkelma’s wat tussen R2 000 en R3 000 per maand verdien, wys SweepSouth se jongste peiling.

Werkgewers kan help om ’n siklus van armoede te breek.

Ontwikkel haar vaardighede

Ekstra opleiding, maak nie saak wat jou agtergrond nie, kan nuwe geleenthede bring wat nie tevore moontlik was nie. Die kans van ’n beter salaris styg ook saam met verdere opleiding.

  • Huiswerkers met gr. 12 en ’n hoër kwalifikasie, is beter daaraan toe as dié met laer opleidingsvlakke, het Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse arbeid-, huishoudelike, inkomste-, uitgawes- en lewensomstandigheidspeiling, en die sensus van 2011 gewys. Die bes opgeleide huiswerkers werk in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.
  • Werkgewers wat hul huiswerkers vir verdere opleiding stuur, vind regstreeks baat daarby. As die werkgewer egter trek of nie meer die huiswerker heeltyds nodig het nie, kan dié kennis haar help om nuwe werk met ’n mededingende salaris te kry.
  • Verskeie gemeenskapsorganisasies en instansies bied kursusse in huishouding, kook, kinderversorging en noodhulp spesifiek vir huiswerkers aan. Besoek byvoorbeeld www.servicesseta.org.za, www.supernannies.co.za en Educate24.

Haar kinders se skoolgeld

Opleiding kan veral jonger huiswerkers help om op lang termyn hul inkomste te verbeter. Vir ouer huiswerkers kan dit egter belangriker wees dat hul kinders die kans van goeie onderwys en opleiding kry.

  • Indien jou huiswerker se kind of kinders in ’n openbare skool is, kan sy vir skoolfondskwytskelding of -afslag aansoek doen. Leerlinge kwalifiseer vir kwytskelding as die jaarlikse skoolgeld meer as 10% van die ouers se gesamentlike jaarlikse inkomste is; en vir afslag as die skoolfonds tussen 2% tot 10% daarvan is.
  • Daar is ongelukkig nie ’n belastingvoordeel vir werkgewers wat die skoolfonds namens hul huiswerkers betaal nie, sê Suzanne Marais, ’n geoktrooieerde rekenmeester van Durbanville. As ’n werkgewer ’n huiswerker se kinders se skoolgeld betaal, kan die betaling gesien word as ’n beurs wat belastingvry kan wees as dit aan ’n paar vereistes voldoen. Maar dis net as die huiswerker se salaris belasbaar is (met ander woorde meer as R79 000 per jaar of R6 500 per maand volgens 2020 se belastingtabel).
  • Leerlinge wat gr. 9 en gr. 10 geslaag het om aan ’n TVET-kol­lege te studeer; en gr. 12 om aan ’n universiteit te studeer, kan om ’n studiebeurs by NFSAS aansoek doen. Die ouers se gesamentlike inkomste moet onder R350 000 per jaar wees. Die ander vereistes en aansoekinligting is op www.nsfas.org.za.

Finansiële geletterdheid

Mense op laer inkomstevlakke is meer geneig om verwar of geïntimideer te word deur finansiële dinge, maar terselfdertyd is hulle baie honger vir finansiële kennis, wys Old Mutual se Spaar-en-beleggingsmonitor van 2019.

Dié navorsing wys 69% van mense wat minder as R6 000 per maand verdien, wil finansiële advies kry, maar hulle sukkel om iemand te kry wat hulle vertrou.

  • Oorweeg dit om jou huiswerker op ’n finansiële kursus te stuur. Die Instituut vir Finansiële Beplanning (www.fpi.co.za) en die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (www.asisa.org.za) bied finansiële opleidingkursusse vir verbruikers aan. Maatskappye soos die versekeraar Simply het spesifieke werkseminare vir finansiële geletterdheid vir huiswerkers.
  • Dit is jou huiswerker se keuse of sy ’n bankrekening wil hê, maar dit is veiliger as om kontant rond te dra. Nog ’n voordeel is dat dit makliker is om jou geldsake te beplan as dit in ’n bankrekening is.
  • Die belangrikste spaarmiddel vir mense wat minder as R6 000 per maand verdien, is begrafnisdekking, volgens Old Mutual se navorsing. Dit beteken die meeste geld wat vir iets weggesit word, gaan daarvoor. Onkunde oor dié produkte kan beteken dat een persoon verskillende polisse het, hoewel polisse wat ’n hele familie onder een polis dek, dikwels meer kostedoeltreffend is as individuele polisse. ’n Geregistreerde finansiële beplanner kan jou huiswerker raad gee oor watter polis die omvattendste dekking teen die beste premie bied sodat daar nie onnodige uitgawes is nie. Dit is egter steeds haar keuse.

Regte uitbetalings

Huiswerkers is geregtig op uitbetalings vir onder meer verlof en oortyd. Dit word alles op www.labour.gov.za uiteengesit.

  • Hulle moet byvoorbeeld dieselfde betaling kry vir verlof- as vir gewone werksdae.
  • Jaarlikse verlof mag nie minder as 21 dae agtereenvolgens vir heeltydse werknemers wees nie, of een dag vir elke 17 dae gewerk, of een uur vir elke 17 uur gewerk.
  • Die betaling vir oortyd is 1,5 keer die huiswerker se gewone vergoeding.
  • Sondagwerk is vrywillig en werkers moet dubbel betaal word – tensy hulle gewoonlik Sondae werk, dan kry hulle 1,5 keer hul normale vergoeding.
  • Vir openbare vakansiedae moet hulle dubbel betaal word.

Kontrak

Onthou, volgens wet moet huiswerkers ’n kontrak hê wat die salarisbesonderhede en pligte uitstippel.

Hulle moet ook salarisstrokies ontvang as jy hulle betaal. 

As jy dit nog nie doen nie, is dit nie te laat nie. Op www.labour.gov.za is voorbeelde van hoe ’n salarisstrokie en kontrak moet lyk. Jy kan dit gebruik en net aanpas met die inligting wat op jou en die werknemer van toepassing is.

k
    Meer oor:  Huiswerkers  |  Departement Van Arbeid  |  Wvf  |  Arbeid  |  Staatstoelaes  |  Staatstoelae  |  Huishulp  |  Tuinier
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    • INDEKS
    • GELDEENHEDE
    • KOMMODITEITE
    Data word met 15 min. vertraag
    • Gold Mining 2260,51 (7457)
    • Top 40 50341,63 (26385)
    • All Share 56406,88 (28305)
    • Resource 10 44220,72 (46209)
    • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

    Sakegesprek

    Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.