Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Geen fees van besteding in Desember

Sowel die volume van transaksies as die waarde daarvan het in Desember verlede jaar teenoor Desember 2019 gedaal, wys BankservAfrica se betaalpuntdata.

Kaartbetalings was in Desember baie minder as in 2019 en die waarde van die transaksies het ook afgeneem. Foto: Unsplash

Die getal transaksies het met 6% op ’n jaargrondslag van 117 miljoen tot 110 miljoen te midde van die dempende effek van die tweede vlaag van die pandemie op die ekonomie gedaal.

Die waarde van die transaksies het ook gedaal, maar met ’n kleiner persentasie.

BankservAfrica reken dit is omdat mense hul aankope met kredietkaarte gefinansier het.

Die waarde van alle transaksies in Desember het met 1% van R69 miljard tot R68,7 miljard in vergelyking met die vorige jaar gedaal.

“Hierdie dalings was ná die onstuimige jaar te wagte,” sê Solly Bellingan, hoof van kliënteverhoudinge van BankservAfrica. “Dit is interessant dat die bestedingswaarde net effens afgeneem het. Maar dit kan te wyte wees daaraan dat Suid-Afrikaners kredietkaartuitgawes aangaan, soos wat die tendens vir die grootste deel van 2020 was.”

Desember se besigste dag was op die 3de met net meer as 5,8 miljoen transaksies wat op dié dag deur BankservAfrica se stelsel is.

In 2019 was die besigste dag 1 Desember met 7,265 miljoen transaksies op een dag. Dit is ’n daling van 19,73%.

Daar was een individu wat baie besig was in Desember met 4 747 transaksies – verreweg die meeste transaksies vir een persoon.

Suid-Afrikaners het die meeste van hul geld by kruidenierswinkels (R16,6 miljard), vulstasies (R4,9 miljard) en klerewinkels (R2,2 miljard) bestee.

“Die ekonomiese ontbering het, tesame met die beperkings weens die inperking, beslis tot ’n heel ander Desember vergeleke met vorige jare bygedra,” sê Bellingan.

k
Meer oor:  Bankservafrica  |  Inkopies  |  Kleinhandel  |  Betalings  |  Vakansie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.