Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Gooi net ’n druppel olie in die pan – dis peperduur!

’n Bottel sonneblom- of kanola-olie is nou byna ’n derde duurder as ’n jaar gelede.

pixabay
Kookolie en tamaties - twee van die kosprodukte waarvan die prys die afgelope jaar die vinnigste gestyg het. Foto: Pixabay

Dis die enkele kosproduk wat die vinnigste duurder geword het, met ’n styging van 30,3%, volgens Statistieke Suid-Afrika.

Tamaties (29,4%) en droë bone (27%) is die ander produkte wat met meer as 20% duurder geword het.

Laer af op die lys van 20 produkte wat die meeste gestyg het, is heel hoender (12,2%) en witsuiker (11,5%).

Dié hemelhoë stygings beteken gesinne wat bogemiddeld baie olie, suiker of selfs hoender verbruik, sal ook baie swaarder trek by die kasregister wanneer hulle hul weeklikse of maandelikse kosinkopies doen. Sien ook grafika hieronder.

Die gemiddelde styging in die prys van kos en nie-alkoholiese drank was in Mei 6,7%.

Verbruikers het met reg benoude boude oor dié stygings, wat baie meer is as die heersende inflasiekoers van 5,2% (self die hoogste in 30 maande).

LEES OOK: Kommer oor rentekoers neem toe oor inflasie

Ekonome is onder meer bekommerd oor die voortgesette styging van die prys van vette en olies (gemiddeld 20%), vleis (gemiddeld 8,5%) en suiker (gemiddeld 8,7%)

Volgens Kamilla Kaplan, Investec-ekonoom, word kosprysinflasie deur hoër internasionale pryse vir landbouprodukte opgejaag.

Dit sluit ’n styging van 30% in mieliepryse die afgelope jaar in. Mieliepryse is wel al laer as die hoogtepunt in die vierde kwartaal van 2020 en Kaplan hoop dat vanjaar se verwagte goeie mielie-oes sal help om pryse verder te temper.

Rooivleispryse word opgejaag omdat boere minder slag en hoenderpryse weens hoër invoertariewe.

Suikerpryse word deur ’n wêreldwye tekort opgejaag.

Daar is ook steeds ’n wêreldwye tekort aan palmolie, ’n kernbestanddeel in baie kos, skoonmaakmiddels en selfs grimering. Dis die gevolg van swak oeste, volgens Johann van Tonder, ekonoom van Momentum Investments.

k
Meer oor:  Kos  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Kosprysinflasie  |  Inflasiekoers  |  Statistieke Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.