Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
GRAFIKA: Dié produkte word goedkoper tydens inperking

Verbruikers kon in die eerste vyf weke van die inperking verskeie winskopies optel, maar die pryse van talle noodsaaklike produkte het skerp gestyg.

Vrugte en groente is die kossoorte waarvan die pryse die meeste gedaal het sedert die staat van inperking begin het. Foto: Pick n Pay

Solank jy nie eiers, melk, kaas, olies, vette en koffie in jou trollie wil laai nie, dok jy eintlik nou heelwat minder op vir kos, soos brood en mieliemeel, as voor die inperking.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het die pryse van noodsaaklike produkte begin dophou toe die staat van inperking begin het.

Gemiddeld het noodsaaklike produkte in die vyf weke van vlak 5 van die inperking 0,5% goedkoper geword.

Die lys noodsaaklike produkte wat gekoop kon word, het onder meer kos, medisyne, toiletware, kos vir troeteldiere en skryfbehoeftes ingesluit.

Sedert met die opnames op 2 April begin is, het kos en nie-alkoholiese drankies met 0,5% goedkoper geword.

Die inflasiemandjie vir noodsaaklike produkte en dienste bevat 187 van die 412 produkte in die algemene verbruikersprys-inflasiemandjie wat maandeliks gemeet word.

Daar is egter noodsaaklike produkte wat nié goedkoper geword het nie. Dié sondaars is produkte vir huishoudelike instandhouding en gesondheidsprodukte, wat onderskeidelik 1,1% en 0,1% duurder geword het.

Troeteldierkos en skryfbehoeftes se prys was onveranderd.

Voedselpryse

Onder kos en nie-alkoholiese drankies is heelparty produkte wat teen 30 April nie goedkoper geword het nie.

Melk, eiers en kaas, olies en vette, warm drankies en ander kossoorte is die vier kategorieë voedsel wat sedert 2 April sommer heelwat duurder geword het.

Die grootste prysverskil is by melk, eiers en kaas, wat in minder as ’n maand 2,8% duurder geword het.

Hieronder het eiers ’n kolossale prysstyging van 19,8% teen 30 April getoon, wat volgens die SSA reeds hoofsaaklik in die eerste week van die inperking gebeur het.

Die prys van kaassmeer het ook met 6,8% gestyg terwyl die prys van cheddar op ’n weekgrondslag op 30 April 3,9% duurder was, maar oor die maand van April steeds 0,8% goedkoper as voor die inperking was.

Brood en graanprodukte het van 2 April tot 30 April met 0,5% goedkoper geword het.

Vleisprodukte se pryse was erg wisselvallig in die vyf weke, sê SSA.

Maalvleis het van 2 April tot 30 April met 7,2% duurder geword, terwyl bevrore hoender 5,3% goedkoper geword het.

Vleis het oor die algemeen oor die maand 1% goedkoper geword, wat die swaarder gewig van hoender in die mandjie weerspieël.

Witsuiker en bruinsuiker het in April onderskeidelik met 1% en 5% goedkoper geword.

Benewens suiker, lekkers en nageregte is die meeste van die produkte wat goedkoper geword het, eintlik gesond.

Vrugte en groente is byvoorbeeld die kategorie voedsel waarvan die pryse tydens die staat van inperking die meeste gedaal het.

Die prys van groente het in slegs vier weke met ’n enorme 4,6% gedaal, terwyl vrugte ook 3,2% goedkoper geword het.

Mieliemeel, Suid-Afrika se stapelvoedsel, het in April 0,1% goedkoper geword, terwyl rys 4% goedkoper geword het.

Broodmeel het egter oor die vier weke beduidend duurder geword en pryse is nou 6,8% hoër as voor die inperking.

kospryse

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.