Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
GRAFIKA: Hiér is skoolklere die billikste

Skoolklere is naas skoolfonds die grootste uitgawe wat ouers jaarliks aan die begin van die nuwe skooljaar moet aangaan.

Sommige klerewinkels bied in Januarie afslag op skoolklere, wat kan help om uitgawes te beperk.

Pryse van skoolklere wissel heelwat, maar dit laat natuurlik die vraag ontstaan oor gehalte – gaan die klere hou totdat jou kind dit ontgroei het?

Dit maak die goedkoopste opsie nie altyd die beste opsie nie, maar vir huishoudings waar dit broekskeur gaan om als te bekostig, is dit bemoedigend dat party ondernemings steeds ’n billike prys vir skoolklere vra.

Netwerk24 het vier gewilde klerewinkels vergelyk om te bepaal wat dit by elkeen gaan kos om ’n graadeentjie in 2020 uit te rus vir skool.

skoolklere

Pep was oudergewoonte die goedkoopste. Trouens, die prys van heelwat items het gedaal vergelyke met 2019.

Anders as sommige ander klerehandelaars, kos dit in 2020 ook presies dieselfde om ’n seuntjie en ’n meisie vir gr. 1 by Pep toe te rus. Vir R191 kry jy ’n nuwe paar leerskoene (R90), ’n wit kortmou-skoolhemp (R18), ’n kortbroek of rompie (R18) en ’n stel van vyf skoolsokkies (R65).

’n Skoolhemp en -broekie van R18 is die goedkoopste wat Pep bied en die klerehandelaar lys dit as die “begrotingsvriendelike opsie”. Hy bied wel ook hempies en broekies wat bietjie duurder is (tot R50) wat waarskynlik van ’n beter gehalte sal wees.

Ackermans, nes Pep deel van die Pepkor-groep, se wit kortmou-skoolhempies kos vanjaar R55 vir sowel seuns as meisies.

’n Grys kortbroek of rompie kos R110 elk en ’n paar leerskoene kos R110. Sokkies (vir ’n stel van vyf) kos R70.

Die totale prys by Ackermans beloop R345 vir albei geslagte.

LEES OOK: Duur skoolklere: Só kan ouers help

Edgars en Woolworths bied vanjaar ook spesiale afslag op skoolklere, wat dié winkels nie soveel duurder maak as Pep en Ackermans wat tradisioneel as “goedkoper” klerewinkels beskou word.

Edgars en Woolworths is wel geneig tot hoër pryse vir items vir meisies as vir seuns.

Twee grys kortbroekies by Woolworths kos byvoorbeeld R170 terwyl twee rompies vir meisies R210 kos.

Dieselfde geld by Edgars, waar een kortbroek vir seuns R60 kos en ’n rompie vir meisies R80.

Die totale koste by Edgars vir al die items beloop R410 vir seuns en R440 vir meisies.

By Woolworths beloop die totale koste R540 vir albei geslagte, siende dat meisies se skoolskoene weer soveel goedkoper is daar as seuns s’n.

Meer oor:  Pep  |  Woolworths  |  Edgars  |  Ackermans  |  Uitgawes  |  Skoolgeld  |  Skoolklere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.