Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
GRAFIKA: Is dít hoe jou Kersbegroting lyk?
huishoudelike besteding

Suid-Afrikaners tussen 18 en 65 gaan vanjaar gemiddeld R5 706 per persoon bestee in die feestyd, luidens ’n peiling deur die kredietverskaffer Wonga waaraan 7 000 mense deelgeneem het.

Die beste geskenk aan jouself is ’n sterk finansiële grondslag vir die nuwe jaar.

Volgens Wonga beteken dit ’n totaal van R204 miljard vir die ekonomie, gegrond op Statistieke Suid-Afrika se ramings van die grootte van die bevolking.

Die gemiddelde salaris wat Suid-Afrikaners huis toe vat, was volgens Bankserv Africa se indeks vir Oktober R13 918, wat beteken mense gaan in die Kerstyd meer as ’n derde van hul salarisse aan feestyd-uitgawes bestee.

Die meeste respondente (76%) het aangedui hulle bestee meer as gewoonlik in Desember. Die meeste van hulle (50%) sê hulle gebruik hul bonus of 13de tjek vir hierdie uitgawes.

“Dis kommerwekkend dat mense hierop staatmaak,” sê Taryn Schmidt, Wonga-bemarkingshoof.

Boaan mense se wenslysie van Kersgeskenke is kontant (32%), gevolg deur geskenkbewyse (27%). “Finansiële geskenke soos geskenkbewyse kan ontvangers die buigbaarheid gee om iets te koop wat hulle regtig nodig het,” sê Schmidt.

Sy moedig Suid-Afrikaners aan om hul geld “wys” te bestee. “Die beste geskenk aan jouself is ’n sterk finansiële grondslag vir die nuwe jaar.” 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.