Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
GRAFIKA: Só bestee SA tydens inperking

Suid-Afrikaners se bestedingspatrone oor die afgelope paar weke toon duidelik die paniekaankope voor die staat van inperking, maar oor die algemeen word sente ’n paar keer omgedraai.

BankservAfrica het Donderdag sy jongste statistieke oor verbruikersbesteding uitgereik.

Dié syfers vergelyk besteding by winkels en onttrekkings by kitsbanke met dieselfde periode in 2019.

k

Van 2 tot 5 Maart (punt A op die grafiiek), voordat die Covid-19-virussiekte Suid-Afrika met mening getref het, was besteding ongeveer 20% hoër as oor dieselfde dae verlede jaar.

Volgens BankservAfrica is dis eintlik heel “verrassend” gegewe die beleërde toestand van die ekonomie selfs voor die pandemie.

Vanaf 5 Maart (punt B) het besteding begin afneem soos dit deurgedring het dat die virus ’n werklike gevaar geword het.

Op 15 Maart (punt C) het pres. Cyril Ramaphosa ’n ramptoestand verklaar. Dit het onder meer die sluiting van skole op 18 Maart en ’n verbod op byeenkomste van meer as 100 mense behels.

Leonard
Verbruikers se besteding het voor en ná die aankondiging van ’n ramptoestand heelwat gewissel. Foto: Jaco Marais

BankservAfrica se data wys hoe paniekaankope toe begin het, met ’n skielike styging in besteding voordat skole gesluit het tussen 15 en 17 Maart.

Op 16 Maart was besteding 10% hoër as op dieselfde dag verlede jaar. Besteding het toe begin daal, maar dit was net die stilte voor die storm.

Toe Ramaphosa op 23 Maart (punt D) aankondig ’n staat van inperking begin om middernag op die 26ste, was besteding 20% laer as verlede jaar. Maar na betaaldag op 25 Maart het paniekaankope in alle erns begin.

Besteding was op dié dag 158% hoër as wat dit was op dieselfde dag verlede jaar.

“Aangesien die grootste salarisbetalingsdag die 25ste van elke maand is, het mense na die winkels gejaag om hul voorraad te koop.

“Die toneel was soortgelyk aan Swart Vrydag, daar was net nie baie spesiale aanbiedinge nie. Mense het nietemin begin voorberei vir die staat van inperking.”

Die paniekaankope het op 26 Maart (die laaste dag voor inperking, punt E) die ergste geraak, met besteding 172% van wat dit verlede jaar was.

Dit het kort daarna begin tuimel soos mense gedwing is om tuis te bly en alle nie-noodsaaklike winkels gesluit het. Op dag twee van die inperking was besteding slegs 28% van normale vlakke (punt F).

BankservAfrica dui daarop dat ’n mens selfs kan sien wanneer staatstoelae uitbetaal is.

Ten spyte van die sluiting van die meeste besighede het besteding te midde van die staat van inperking steeds ná 30 Maart tot bykans normale vlakke (98% vergeleke met 2019) verbeter op die rug van die uitbetaling van staatstoelae op daardie dag (punt G).

Sedertdien is die daling egter voortgesit en besteding dobber voortaan by sowat 45% van normaal (punt H).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.