Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Gróót fout met Discovery-kaarte bespeur
Die nuwe Discovery Bank-kaart.

Discovery het bevestig hy het ’n ernstige fout met sy bankkaarte herstel wat aanlyn aankope toegelaat het sonder dat die regte CVV-nommer ingevoeg hoef te word.

CVV staan vir Card Verification Value en word gewoonlik agterop ’n kredietkaart aangedui. Hierdie kode van drie of vier nommers word tydens inkopies aanlyn benodig. ’n Verkeerde kode lei gewoonlik daartoe dat ’n transaksie nie deurgevoer kan word nie.

Dit blyk egter nie die geval met Discovery te wees nie, het Business Insider bevind.

Hulle kon daarin slaag om twee aankope by verskillende aanlyn winkels te maak met ’n Discovery-kaart deur ’n verkeerde CVV-nommer te verskaf.

In een geval was dit nie eens nodig om ’n tydelike PIN-kode te verskaf nie.

Die verkeerde CVV-nommer het nie gewerk vir aankope met ’n Discovery-kaart wat steeds deur FNB bedryf word nie.

Dit was dus net van toepassing op kredietkaarte wat uitgereik en geadministreer word deur Discovery self.

Die fout was skynbaar teen Maandagaand reggestel toe Business Insider weer ’n aankoop met die verkeerde CVV-nommer wou maak.

’n Agent van Discovery het die eienaar van die kaart gekontak en gesê die verkeerde CVV-nommer is verskaf.

Aanlyn handelaars word kragtens regulasies verbied om CVV-nommers te stoor.

Daarsonder kan ’n transaksie teoreties nie voltrek word nie.

Discovery se bankafdeling het Maandag aangedui hy is verlede week ingelig oor die fout en “onmiddellik stappe gedoen om dit reg te stel”.

Die haakplek was teen Maandagoggend opgelos, sê Discovery.

Die fout het glo tot geen verliese vir enige van sy kliënte gelei nie. - Business Insider

Meer oor:  Discovery Bank  |  Discovery  |  Geldsake  |  Tegnologie  |  Bedrog  |  Banksake  |  Cvv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.