Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Groot hofsaak begin oor invordering van skuld
Die finansiële deskundiges by Summit raam dat meer as ’n miljard rand weens hierdie praktyk deur gewetenlose kredietverskaffers oorverhaal is vanaf duisende mense wat geld skuld.

Enigiemand wat al vir skuld opgeskroef is en uiteindelik vir ’n klein bedrag van byvoorbeeld R600 meer as R5 000 moes terugbetaal, sal belang stel in ’n hofaansoek wat vandeesweek by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien is.

Die aansoek is deur die Universiteit Stellenbosch se regskliniek, Summit Financial Partners (Summit) en tien van hul kliënte ingedien om regterlike ingryping by skuldinvorderingspraktyke te vra.

“Hierdie aansoek het die potensiaal om ’n betekenisvolle uitwerking op die Suid-Afrikaanse finansiële landskap te hê.

“Die feit dat 49 respondente, waaronder al die groot banke en die hoofleningsinstellings, by die saak betrek is, is ’n aanduiding van die gevolge wat hierdie saak op die Suid-Afrikaanse kredietmark kan hê,” sê dr. Theo Broodryk, hoof van die regskliniek, in ’n verklaring.

Die saak volg op die regskliniek se vroeëre werk in die opspraakwekkende grondwetlike hofsaak van 2016 teen die minister van justisie en ander waar die hoogste hof in die land saamgestem het dat verskeie praktyke met betrekking tot loonbeslagleggingsbevele ongrondwetlik was.

So het Netwerk24 destyds hieroor berig Mylpaal-saak: Duisende loonbeslagorders dalk onwettig.

Nadat die saak in 2016 in die konstitusionele hof gaan draai het, is soos volg daaroor berig: Groot oorwinning vir verbruikers.

Die uiteinde was ’n wetsverandering: Nuwe wet maak einde aan swaar las van loonbevele.

Die applikante het nou die hof genader weens “die eensydige en ongereguleerde wyse” waarop krediteure en invorderingsagente koste, insluitende regskoste, by debiteure se rekeninge voeg, voor sowel as ná die vonnis.

Die finansiële kundiges by Summit raam dat meer as R1 miljard weens hierdie praktyk – wat die applikante aanvoer sekere artikels van die Nasionale Kredietwet oortree – deur gewetenlose kredietverskaffers oorverhaal is van duisende mense wat geld skuld.

In die geval van net een van hierdie persone, wat ook een van die applikante in die saak is, is ’n bedrag van R5 100 op aanvanklike skuld van R600 ingevorder.

Sien in die meegaande foto's van die hofdokumente wie die applikante en respondente is. 

Die applikante in die hofsaansoek en die eerste drie respondente van 49.
Die lys van altesaam 49 respondente.
Die res van die 49 respondente.
Meer oor:  Summit Financial Partners  |  Summit  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1214,12 (-3798)
  • Top 40 47007,19 (71217)
  • All Share 53241,35 (77437)
  • Resource 10 41992,82 (-14754)
  • Financial and Industrial 30 69504,64 (153747)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.