Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Groot kommer oor prys van mieliemeel
Mielies word geoes.

Kommer is aan die oplaai oor behoeftige Suid-Afrikaners se vermoë om kos vir hul gesinne te koop.

Van die 34 produkte wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) by ’n mandjie baie basiese kossoorte insluit, het meer as die helfte – 20 – in Mei met meer as die algehele kosprysinflasie van 3,2% gestyg.

Sedert die begin van 2019 het mieliemeel al 11,4% duurder geword, sê Patrick Kelly, SSA se hoofdirekteur van prysstatistieke.

Blikkiesvis (tuna uitgesluit) het sedert Mei verlede jaar 7,4% duurder en aartappels 7,7% duurder geword.

Algemene kosprysinflasie (kos en nie-alkoholiese drank) het in Mei tot 3,2% gestyg. Dit was in April 2,9% en in Maart 3,1%.

SSA het Woensdagoggend bekend gemaak dat die algemene inflasiekoers vir alle goedere en dienste wat hy meet, in Mei effens, tot 4,5%, gestyg het.

Luidens SSA is dit hoofsaaklik weens druk van die stygende petrolprys, maar ook weens duurder kos, behuising en nutsdienste.

Die styging kom nadat inflasie in April met ’n daling tot 4,4% verras het. Dit was in Maart ook 4,5%. Die pryse wat SSA meet, het van April tot Mei met 0,3% gestyg.

Vir die maandelikse styging was die grootste aandrywer die hoër petrolprys, wat 0,1 persentasiepunte tot die 0,3% bygedra het.

In Mei het die petrolprys met 54c oftewel 3,3% gestyg.

Kelly sê petrol lewer ’n enorme bydrae tot stygende verbruikersprysinflasie. Die afgelope jaar het petrol 11,6% duurder geword.

Ondanks die effense styging is die inflasiekoers nou al 26 maande binne die Reserwebank se teikenband van 3% tot 6%.

Die onderste draaipunt van die inflasiekoers die afgelope paar jaar was 4% in Januarie 2019.

Inflasie waar jy woon

Die Wes-Kaap was – soos gebruiklik – die provinsie waar pryse die vinnigste styg. Saam met Limpopo is dit nou die enigste twee provinsies met bogemiddelde inflasiekoerse.

  • Wes-Kaap: 5,4%
  • Limpopo: 5%
  • Gauteng: 4,4%
  • Mpumalanga: 4,4%
  • Vrystaat: 4,4%
  • Noord-Kaap: 4,2%
  • KwaZulu-Natal: 4%
  • Oos-Kaap: 3,9%
  • Noordwes: 3,8%

Kerninflasie

Kerninflasie, wat brandstof, krag en kos uitsluit, het onveranderd op 4,1% gestaan in Mei. Dis steeds laer as die 4,4% in Maart. Dié syfer is van belang omdat dit ’n mandjie goedere en dienste verteenwoordig wat gewoonlik minder wisselvallig is. Kerninflasie word minder deur eksterne faktore soos droogtes, internasionale oliepryse en die rand-dollar-wisselkoers beïnvloed en wys dus beter of Suid-Afrikaners pryse met oormatige besteding opdruk.

Pensioentrekkers

Pensioentrekkers beleef inflasie van 4,6%.

kosprysinflasie



Meer oor:  Ekonomie  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Kosprysinflasie  |  Mieliepryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.