Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Helfte van rokers hou eerder op as hoes en betaal

Byna die helfte van die mense wat aan ’n nuwe peiling onder rokers deelgeneem het, het sigarette eerder finaal gelos as om verregaande pryse op die swartmark te betaal.

Min rokers is te vinde daarvoor om tydens die verbod buitensporig pryse vir onwettige sigarette te betaal. Foto: Unsplash

Sigarette is in baie gevalle tussen vier en vyf keer duurder per pakkie as wat dit voor die verbod was.

Die plaaslike tegnologiemaatskappy M4Jam het meer as 2 000 rokers voor en tydens die staat van inperking oor hul rookgewoontes uitgevra.

Altesaam 49% van die respondente het aangedui dat hul sigarette op is en dat hulle weier om nog teen die heelwat duurder pryse te koop. Kyk ook na die grafika hieronder.

Die Universiteit van Kaapstad het ook vroeër ’n studie oor rook tydens die inperking gedoen. Dit het egter bevind tot 90% van rokers koop onwettige sigarette teen astronomiese pryse.

LEES OOK: 90% van rokers kry hul doepa - ná hiperinflasie

Die verkoop van tabakprodukte is steeds op vlak 3 van die inperking verbode. Sigarette kon laas op 26 Maart wettig gekoop word.

Waar ’n derde van die respondente vóór die staat van inperking tot vyf sigarette of meer per dag gerook het, is dié syfer nou net 9%, is in die peiling bevind.

Altesaam 44% van die rokers het probeer om soveel sigarette as moontlik voor die staat van inperking aan te skaf. Net 6% van respondente het nog enige van daardie voorraad oor.

Altesaam 52% sê hulle het nie en sal ook nie probeer om sigarette onwettig te bekom nie.

LEES OOK: Sigarette is soos koffie, sê Batsa in hofaansoek

rook

Oor waarom hulle besluit het om op te hou rook, is die kwessie van gesondheid ’n baie gewilde antwoord, sê Georgie Midgley, uitvoerende hoof van M4Jam.

“Terwyl sommige rokers finansieel swaarkry en daarom besluit het om die inperkingstyd sonder sigarette aan te pak, beskou ander dit as ’n gulde geleentheid om die positiewe impak daarvan om op te hou te oordink.”

Van die gewildste handelsname wat rokers wel (onwettig) gedurende die staat van inperking bekom, sluit in RG, Sharp, Remington Gold en Pacific.

’n Kettingroker met wie Netwerk24 gepraat het, sê hy het ’n paar weke gelede R120 vir ’n pakkie RG met 20 sigarette betaal. Die gewone prys is sowat R28 per pakkie, sê hy.

Hy kon wel later dieselfde sigarette op grootmaat teen R65 per pakkie bekom, maar dit is steeds meer as dubbel die gewone prys.

Selfs dié hemelhoë prys keer hom nie om steeds tot 15 sigarette per dag te rook nie.

Verbasend genoeg is 36% van die respondente ten gunste van die verbod op die verkoop van sigarette.

Dit sluit hoofsaaklik mense in wat bly is oor die geleentheid omdat dit hulle dwing om dadelik op te hou rook.

Meer oor:  Batsa  |  Covid-19  |  Tabakbedryf  |  Staat Van Inperking  |  Sigaretverkope  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Tabakverbod  |  Sigaretverbod  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Sigarette  |  Tabak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.