Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Aitsa! Hier is die goedkoopste bank
Capitec bied luidens Solidariteit se Navorsingsinstituut die goedkoopste bankdienste.

Bankkoste en programme om kliënte te beloon, was in 2019 aan die orde van die dag.

Dit is die bevinding van die vakbond Solidariteit se peiling oor bankkoste.

Solidariteit se navorsingsinstituut het Dinsdag sy tiende jaarlikse uitgawe van sy bankkosteverslag uitgereik.

“Banke het gepoog om met ’n kombinasie van beter voordele en verlaagde bankkoste as wenners in die mark uit die stryd te tree,” verduidelik Monica Mynhardt, navorser verbonde aan die instituut.

“In 2019 het Capitec sy titel teruggeneem as die goedkoopste rekening vir lae-inkomste gebruikers.

“Capitec is steeds die enigste bank wat goeie rente op transaksierekenings bied en wat gebruikers met ’n minimale balans in hul bankrekening kan help om hul bankkoste nog meer te verlaag,” sê sy.

“In ’n omgewing waar verskeie banke sukkel en deur groot afleggings in die gesig gestaar word, het Capitec dit sedert 2018 reggekry om direkte bankkoste vir gebruikers te verlaag.”

Met betrekking tot banke se vlagskiprekeninge begin ’n kombinasie van bankkoste en beloningsprogramme die oorwegende faktor vir gebruikers te word, lui die verslag. Vir gebruikers wat nie aan ’n beloningsprogram wil deelneem nie, bly Capitec die goedkoopste bank.

Banke het gepoog om met ’n kombinasie van beter voordele en verlaagde bankkoste as wenners in die mark uit die stryd te tree.
Monica Mynhardt

“Vir gebruikers op soek na beloningsprogramme, sal FNB se Gold Cheque-rekening waarde bied, met gebruikers wat hiermee toegang kry tot eBucks, die bank se beloningsprogram.

“Dit is verder ook die enigste rekening in hierdie kategorie, buiten dié van Capitec, wat verlaagde bankgeld van verlede jaar af bied. Hierdie verlaging het tot gevolg gehad dat FNB se Gold Cheque-rekening Standard Bank se Elite Bundle, die goedkoopste opsie met voordele van verlede jaar, net-net verbygesteek het,” sê Mynhardt.

Transaksierekeninge vir die hoërmiddelklasgebruikers is waarskynlik die mededingendste. Die soorte voordele in hierdie kategorie is oor die spektrum van banke heen baie vergelykbaar, en die verskil in koste tussen die verskillende banke is die kleinste in hierdie kategorie, sê Solidariteit.

“FNB Premier Cheque en Absa se Premier-rekening was egter die enigste twee wat ’n verlaging in bankkoste gebied het. Absa se Premier-rekening is so ook die goedkoopste rekening in hierdie kategorie – die koste hiervan is vergelykbaar met die duurste rekeninge in die vorige kategorie.

“Ten spyte daarvan dat FNB ook ’n verlaging in bankkoste kan bied, bly Standard Bank se Prestige Rebate-rekening die beste opsie naas Absa,” wys Mynhardt uit.

Vanjaar se verslag sluit ’n ontleding van internasionale rekeninge en buitelandse valuta in.

Solidariteit sê die doel is onder meer om gebruikers bloot te stel aan opsies om te diversifiseer deur in buitelandse valuta te belê.

“Hierdie rekeninge is tipies rekeninge wat met geen koste of minimum saldo aan ’n reeds bestaande transaksierekening gekoppel kan word, waarmee gebruikers buitelandse valuta kan aankoop. Absa, FNB, Standard Bank en Nedbank bied almal so ’n opsie, terwyl Capitec die enigste bank is wat nie hierdie opsie bied nie,” sê Mynhardt.

Dit is nie net Solidariteit wat Capitec as ’n wenner aanwys nie.

Die konsultasiefirma Columinate het in Junie gesê luidens sy navorsing is Capitec se kliënte ooglopend die gelukkigste met die manier waarop hulle aanlyn kan bank.

Meer oor:  Solidariteit  |  Fnb  |  Absa  |  Capitec  |  Standard Bank  |  Monica Mynhardt  |  Bankkoste  |  Ebucks  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.