Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Hier is huiswerkers se nuwe minimum lone

REGSTELLING:


In hierdie berig is verkeerdelik gemeld dat R561,27 per uur (2018: R534,91) in Area B (nie-stedelike gebiede) betaal moet word. Dit moet egter wees: R561,27 per week. 


Die minimum loon van huiswerkers is op 3 Desember verhoog en sal geldig wees totdat die nasionale minimum loon in werking tree.

Die nuwe minimum loon vir huiswerkers geld van 3 Desember af. Foto: iStock

Die verhoging per uur vir alle huiswerkers styg met net 4,9%.

Dit bring die minimum loon per uur op R13,69 in stedelike gebiede en op R12,47 per uur in die platteland te staan.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het die verhogings Donderdag aangekondig en in die Staatskoerant gepubliseer.

Die verhogings wat nou aangekondig is, geld ingevolge die sektorale vasstelling ook vir kinderoppassers, tuinwerkers en enige ander mense in diens van private huishoudings.

Aadil Patel, hoof van die arbeidspraktyk van Cliffe Dekker Hofmeyr, sê in ’n verklaring die departement van arbeid sê die sektorale lone sal met die bekendstelling van die nasionale minimum loon vir huiswerkers vervang word.

Dan sal alle lone vir huiswerkers ’n minimum van R15 per uur wees vir albei areas as mense meer as 27 uur per week werk. Die nuwe uur lone soos hier onder uiteengesit vir mense wat minder as 27 uur werk, gaan egter reeds meer wees.

Die datum waarop die nasionale minimum loon in werking tree, word Vrydag deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig. Ramaphosa het verlede week die wet onderteken wat die minimum loon op R20 per uur of R3 500 per maand te staan sal bring.

Wat huishulpe betref, lyk die nuwe minimum lone as volg:

Area A (stedelike en dorpsgebiede, sien lys munisipaliteite hieronder):

Vir mense wat meer as 27 uur per week werk:

  • R13,69 per uur (2018: R13,05)
  • R616,03 per week (2018: R587,40)
  • R2 669,24 per maand (2018: R2 545,22)

Vir mense wat minder as 27 uur per week werk:

  • R16,03 per uur (2018: R15,28)
  • R432,78 per week (2018: R412,60)
  • R1 875,22 per maand (2018: R1 787,80)

Area B (nie-stedelike gebiede)

Vir mense wat langer as 27 uur per week werk:

  • R12,47 per uur (2018: R11,89)
  • R561,27 per week (2018: R534,91)
  • R2 431,97 per maand (2018: R2 317,75)

Vir mense wat minder as 27 uur per week werk:

  • R14,72 per uur (2018: R14,03)
  • R397,37 per week (2018: R378,83)
  • R1 721,81 per maand (2018: R1 641,48)

Area A

Bergrivier, Breederivier, Buffalo City, Cape Agulhas, Cederberg, Kaapstad, Johannesburg, Tshwane, Drakenstein, Ekurhuleni, Emalahleni, Emfuleni, Ethekwini, Gamagara, George, Hibiscus Coast, Karoo Hoogland, Kgatelopele, Khara Hais, Knysna, Kungwini, Kouga, Langeberg, Lesedi, Makana, Mangaung, Matzikama, Metsimaholo, Middelburg, Midvaal, Mngeni, Mogale, Mosselbaai, Msunduzi, Mtubatu, Nama Khoi, Nelson Mandela, Nokeng tsa Taemane, Oudtshoorn, Overstrand, Plettenbergbaai, Potchefstroom, Randfontein, Richtersveld, Saldanhabaai, Sol Plaatjie, Stellenbosch, Swartland, Swellendam, Theewaterskloof, Umdoni, uMhlathuze en Witzenberg.

Enige munisipaliteit wat nié op die lys is nie, val onder area B.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1249,2 (4808)
  • Top 40 44417,7 (-58760)
  • All Share 50434,39 (-60330)
  • Resource 10 38052,94 (5138)
  • Financial and Industrial 30 66778,91 (-120715)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.