Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Huiswerkers kry eers oor 2 j. minimum loon

Plattelandse huiswerkers wat meer as 27 uur per week werk, se lone het oor die afgelope dekade met 111% gestyg, van R5,36 per uur in 2009 tot R11,89 in 2018. Stedelike huiswerkers se salarisse het in dié tyd met 89% gestyg, van R6,88 tot R13,05 per uur.

Rapport het dit bereken op grond van die verhogings wat die departement van arbeid jaarliks aankondig.

Dit is steeds heelwat minder as die minimum loon van R20 per uur wat die kabinet in November 2017 ingevolge die Wetsontwerp op die Nasionale Minimum Loon goedgekeur het. Dit sal mense geld wat 40 uur per week of meer werk. Die kabinet wil hê dit moet op 1 Mei van krag word, maar dit is onseker of die parlementêre proses dan afgehandel sal wees.

Huiswerkers sal aanvanklik ingevolge dié wet nie R20 per uur kry nie, maar R15. Dit is een van die sektore waarin werkgewers toegelaat gaan word om lone geleidelik te verhoog totdat hulle oor twee jaar die volle loon betaal. Die ander twee sektore is plaaswerkers (aanvanklik R18 per uur) en werkers in die uitgebreide openbarewerke-program (R11).

Die departement van arbeid het in die afgelope week die jaarverhogings vir werkers in die groot- en kleinhandel aangekondig: 5,1% in stedelike gebiede en 6,6% in landelike gebiede. 

Meer oor:  Departement Van Arbeid  |  Huiswerkers  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.