Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Ingeperkte Suid-Afrikaners spaar meer, sê Nedbank
Sommige Suid-Afrikaners het in die pandemie besef hoe belangrik dit is om geld te spaar vir noodgevalle. Foto: Pixabay

Die Covid-19-pandemie het Suid-Afrikaners geleer om op ’n heel nuwe manier sake met hul bank te doen.

Amy Underwood, senior gedragsekonoom by Nedbank wat Dinsdag aan ’n aanlyn gesprek deelgeneem het oor hoe die wyse waarop Suid-Afrikaners bank en hul geld bestuur weens die pandemie verander het, sê dat dié verandering in baie gevalle nie vrywillig was nie.

“Baie van die banke se takke was aanvanklik gesluit weens die staat van inperking. Mense kon nie meer na ’n tak gaan om byvoorbeeld geld te onttrek nie. Hulle moes ’n kitsbank gebruik.”

Sy sê bankkliënte wat nog nie digitale bankdienste gebruik het nie, het nou geen keuse gehad as om te leer hoe om dit te gebruik nie.

Mutsa Chironga, besturende direkteur vir verbruikersbankdienste by Nedbank wat ook aan die gesprek deelgeneem het, bevestig dat daar ’n beduidende toename was in kliënte wat dié dienste begin gebruik het.

Bongiwe Kunene, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa), sê hulle kan sien dat daar die afgelope paar maande ’n groot skuif na aanlyn bankdienste was.

“Daar is egter steeds baie mense wat moet leer om dit te gebruik.”

“Ons navorsing wys dat 89% van verbruikers wat nou begin het om digitaal sake te doen, beplan om aan te hou om dit te doen,” sê Tshego Tshukutswane, direkteur van die navorsingsfirma Kantar.

Verbruikersbesteding is ’n baie belangrike deel van ekonomiese groei. Hoewel dit belangrik is dat mense spaarsamig te werk moet gaan.
Amy Underwood

Spaar

Underwood sê soos wat mense van die huis af gewerk het en daarom nie geld aan byvoorbeeld koffie of ander luukshede bestee het nie, het hulle laat besef dat hulle hul geld anders kan bestuur. Sy sê hulle het ook besef dit is noodsaaklik om geld te spaar.

“Die groot vraag is of Suid-Afrikaners wat nou begin spaar het tydens die pandemie, sal aanhou daarmee.”

Haar raad aan verbruikers is om hul bankgewoontes so ver as moontlik te outomatiseer – ook waar dit by spaar kom.

Hoewel dit na goeie nuus klink dat sommige Suid-Afrikaners al hoe meer spaar, maan Underwood dis nie noodwendig goed vir die land se ekonomie is nie.

“Verbruikersbesteding is ’n baie belangrike deel van ekonomiese groei. Hoewel dit belangrik is dat mense spaarsamig te werk moet gaan,” sê sy.

Meer oor:  Nedbank  |  Ekonomie  |  Banke  |  Bankdienste  |  Spaargeld  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.