Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Inperking plaas finansiële las op vroue – peiling

Sowat 72% van vroue wat aan ’n peiling van die versekeraar Sanlam deelgeneem het, het die afgelope maande tydens die inperking gesukkel om kop bo water te hou.

Die peiling is aanlyn onder 2 000 vroue landwyd gedoen.

Kenosi Magosha, hoof van kliëntediens by Sanlam. Foto: Verskaf

Hiervolgens het ses uit tien vroue se inkomste te midde van die inperking gedaal. Vier uit tien vroue is nie tans in staat om te spaar nie.

Kenosi Magosha, hoof van kliëntediens, sê in ’n verklaring die peiling wys net twee uit tien vroue het ’n finansiële raadgewer.

Luidens die peiling is vroue drie keer meer geneig om hulself in oorlewingsmodus te beskou as hulle nie toegang tot finansiële advies het nie. Dié wat finansiële advies kry, is geneig om hulself minder in oorlewingsmodus te sien.

Sy gee die volgende raad:

1. Begin van voor af begroot. Die sogenaamde nulgegronde begroting word aanbeveel vir enigiemand wie se inkomste verminder het sodat daar op bestedingsprioriteite gefokus kan word. Sy sê op dié manier begin ’n mens van nuuts af begroot eerder as om ’n bestaande begroting aan te pas. Sy meen dit moet nie selfontwikkeling of geleenthede om ’n bykomende inkomste te verdien uitsluit nie.

2. Kry ’n adviseur om vir herstel te beplan. Dit sal help om ’n noodfonds op te bou, wat ’n belangrike deel is van finansiële standvastigheid. So ’n plan sal ook help om ’n skuldstrik te vermy deur ’n terugbetalingsplan uit te werk en krities te bepaal of nuwe skuld in die herstelplan inpas. ’n Finansiële adviseur kan ook help om die fokus van die kort termyn na die lang termyn te verskuif om vir die toekoms te begin spaar, soos vir aftrede en opvoeding.

3. Kyk holisties na jou gesondheid. Vroue wat herstel van ’n terugslag, moenie hul gesondheid afskeep nie – insluitende emosionele en geestesgesondheid.

“Sonder ’n sterk gemoedstoestand kan vordering met finansiële gesondheid vinnig ontspoor,” meen sy.

Die kliniese sielkundige Nozibusiso Nyawose sê vroue moes as gevolg van die inperking onverwags worstel met bykomende rolle, soos die tuisonderrig van kinders, terwyl hulle steeds op hul bestaande verantwoordelikhede moes fokus.

“Die toename in verantwoordelikhede kan frustrerend en oorweldigend wees en daartoe lei dat baie vroue voel hulle steek vas in oorlewingsmodus.”

Nyawose raai vroue wat voel hulle hou net kop bo water aan om bedag te wees op hul eie gedagtes en om maniere te vind om hul emosies beter te bestuur.

Dit sluit in om oefening en meditasie.

Magosha meen om soveel vroue te help om uit oorlewingsmodus te kom en hul verlore inkomste in te haal, gaan samewerking kos tussen die regering, maatskappye, finansiëledienstemaatskappye en die gemeenskap.

“Dit kan ’n rol speel om ’n standvastige middelklas te skep en spaarkoerse te verhoog. Sodoende kan die ekonomie ook gehelp word.”

Meer oor:  Sanlam  |  Vroue  |  Inperking  |  Geldsake  |  Peiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.