Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
FPI moet dadelik Fais-eksamens staak
Wanneer iemand die finansiëledienstebedryf as ’n verteenwoordiger betree, moet hy binne twee jaar vanaf sy aanstelling die regulatoriese eksamen skryf. Foto: iStock

Die nuwe beheerliggaam van die finansiëledienstebedryf het die Finansiële Beplanningsinstituut (FPI) opdrag gegee om met onmiddellike ingang op te hou om eksamens ingevolge die Wet op Finansiële Adviseurs en Tussengangerdienste (Fais) aan te bied.

Die FPI is een van net twee goedgekeurde eksamenliggame hiervoor in die land.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) sê in ’n verklaring dit kom nadat hy gewaarsku is oor beweerde ongerymdhede wat met die Fais-eksamens by die FPI plaasvind.

Die FSCA beloof daar sal geen ontwrigting met die eksamens wees nie.

’n Ander goedgekeurde eksamenliggaam, Moonstone, sal regstreeks met die mense wat eksamen moet skryf, kommunikeer om aan hulle besonderhede oor die eksamens te verskaf.

Die FPI is gemagtig om die regulatoriese eksamens aan te bied wat ingevolge die Fais-wet vereis word.

Dié eksamens is sedert 2009 verpligtend om te verseker adviseurs voldoen aan die wetsvereistes ten einde verbruikers beter te beskerm.

Wanneer iemand die finansiëledienstebedryf as ’n verteenwoordiger betree, moet hy binne twee jaar vanaf sy aanstelling die regulatoriese eksamen skryf.

Sleutelpersone van finansiëlediensteverskaffers én eenmansake (FSP’s) moet reeds die betrokke eksamen wat op hulle van toepassing is, geskryf en geslaag het voordat hulle goedkeuring of magtiging kry om bedrywig te wees.

Moonstone sê daar is nie rede tot kommer nie, want dié onderneming het vier sentrums landwyd waar elke dag eksamens aangebied word.

Die FSCA ondersoek tans die beweringe waarby die FPI betrek is.

Die FPI is die enigste instelling in Suid-Afrika wat die kwalifikasie van gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP) toeken. Die FSCA het nie gesê of dié eksamens geraak gaan word nie. Die FPI is genader om kommentaar.

Netwerk24 het in Junie verlede jaar berig groot eksamenbedrog is by die FPI oopgevlek.

Dit is egter nie bekend of hierdie nuus nou ook daarmee verband hou nie, want die FSCA het nie daarna verwys nie.

Die FSCA se voorganger, die Raad op Finansiële Dienste (RFD), het voorheen gesê die beweerde bedrog met die eksamens is in 2014 deur die FPI self onder sy aandag gebring.

Die FPI het ’n aanvanklike ondersoek gedoen waaruit dit geblyk het dat van sy personeellede betrokke is by die vervalsing van eksamenresultate en die uitreiking

van vervalste sertifikate.

Die FPI het verlede jaar gesê hy het strafregtelike klagte teen die betrokkenes aanhangig gemaak.

Die RFD het daarna bewyse begin insamel teen sowat 120 mense wat hul kwalifikasies op bedrieglike wyse bekom het, of uit die bedrog voordeel getrek het.

Dit is nie bekend hoe ver dié ondersoek gevorder het nie, want die FSCA het nie daaroor uitgewei nie.

Die helfte van die mense is reeds uit die finansiëledienstebedryf geskors terwyl sake teen nog sowat 60 onderweg was wat tot hul skorsing kon lei.

Meer oor:  Fpi  |  Fsca  |  Finansiële Adviseurs  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1194,91 (-390)
  • Top 40 45895,36 (-4058)
  • All Share 52092,97 (-3963)
  • Resource 10 41135,68 (-11950)
  • Financial and Industrial 30 67878,01 (-3780)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.