Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Jan Taks bly oop, maar wil jou nie sien nie
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) bly oop tydens die inperking.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) bly oop tydens die inperking en sal al sy dienste aan individue en ondernemings lewer. Jy sal egter regtig ’n goeie rede – en ’n vaste afspraak – moet hê om die SAID se kantore te kan besoek.

Die diens pleit by belastingbetalers om elektroniese kanale soos eFiling te gebruik, of sy kontaksentrum met enige belastingnavrae te bel.

Edward Kieswetter, kommissaris van die SAID, het die diens se “maatskaplike solidariteit” uitgespreek met almal wat deur die siekte geraak word, insluitend belastingbetalers en ondernemings wat finansieel deur die inperking geknou word.

“Ons wil hulle verseker dat die SAID daartoe verbind bly om die dienste te lewer wat nodig is sodat die regering die nodige belastinginkomste ontvang wat die verskaffing van openbare goedere en dienste finansier, terwyl ons verseker dat die broodnodige terugbetalings vloei na belastingbetalers wat reeds swaarkry.

“Ek is seker daarvan eerlike belastingbetalers wil ook die versekering hê dat ons belasting- en doeanewette van krag bly om bedrieglike en misdadige misbruik van die belastingstelsel te voorkom.”

Benewens gewone belastingverwante take gaan die SAID oor die volgende maande sy hande vol hê om die belastingvergunnings in werking te stel wat die regering aangekondig het.

Dit sluit in dat klein en mediumondernemings met ’n omset van minder as R50 miljoen 20% van die lopende inkomstebelasting van werknemers (PAYE) wat aan die SAID oorbetaal moet word, vir vier maande kan uitstel en ’n deel van hul voorlopige maatskappybelasting oor die volgende ses maande kan uitstel.

Maniere om die SAID te kontak:

  • eFiling
  • SARS Mobile eFiling (die SAID se app)
  • e@syFile
  • Telefoonnommer: 0800 007 277
  • Afsprake: Slegs belastingbetalers wat alle aanlyn dienste en die kontaksentrum probeer het en steeds nie geholpe is nie, mag “as absolute uitsondering” ’n afspraak maak om ’n SAID-kantoor te besoek. ’n Kennisgewing (SMS of e-pos) wat die afspraak bevestig, moet saam met bewys van identiteit getoon word indien belastingbetalers onderweg na die SAID deur ’n geregsdienaar gevra word waarheen hulle gaan.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.