Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Jan Taks: Gebruik van eFiling groei met 5%

Ondanks die probleme met sy eFiling-stelsel het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) die naweek gespog 5% meer mense het in die eerste twee weke van die 2019- belastingseisoen die elektroniese indieningstelsel vir belastingopgawes gebruik as verlede jaar.

eFiling
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sê hy het oor die naweek van die foute op sy eFiling-portaal reggemaak. Foto: Skermgreep

Teen Vrydag het die SAID 456 000 meer belastingopgawes vir persoonlike inkomstebelasting via eFiling ontvang as dieselfde tyd verlede jaar, en meer as 36600 opgawes is via sy nuwe MobiApp ontvang.

Die SAID het Saterdag belowe ’n aantal foute in die eFiling-stelsel is oor die naweek reggestel in antwoord op belastingbetalers se terugvoer.

Die SAID het WiFi ingestel by sy takke om belastingbetalers te help om na die digitale indien-kanale – eFiling en die MobiApp – te migreer.

Hy het die publiek daaraan herinner dat mense net van 1 Augustus tot einde Oktober hul opgawes fisiek by SAID-takke kan indien, maar dat die gebruikers van die digitale kanale tot 4 Desember het om hul opgawes elektronies in te dien.

Die inkomstediens het erken sommige belastingbetalers het probleme ervaar met belastingterugbetalings en met inspeksie-, verifikasie- en ouditprosesse.

Die SAID het bevestig banke se inligting oor rente-inkomste sal eers van 2020 outomaties op belastingbetalers se opgawes verskyn. Vir vanjaar sal belastingbetalers dié inligting nog self moet intik.

Die diens het ook belowe dat ingevolge sy verbintenis tot sy dienshandves hy terugbetalings van meer as R100 binne 7 werksdae sal betaal as daar geen ander skuld is nie, alle ander verpligtinge nagekom is en daar nie enige inspeksies, verifikasies of oudits nodig is nie.

Hy belowe ook om binne 15 werksdae aan te dui of ’n belastingbetaler vir inspeksie, verifikasie of oudit gekies is; om die verifikasie binne 21 dae af te handel nadat alle ondersteunende dokumente ontvang is, en om ’n oudit binne 90 werksdae af te handel vandat die dokumente ontvang is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.