Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Jan Taks het reeds miljarde uitbetaal

As jy ’n goeie rede gesoek het om jou opgawe deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se nuwe app of opgeknapte eFiling in te dien, hier is dit.

Sowat R3,5 miljard se terugbetalings is sedert 1 Julie aan belastingbetalers gedoen.

Die SAID het in die afgelope drie weke, sedert 1 Julie, toe die belastingjaar vir digitale opgawes begin het, sowat R3,5 miljard se terugbetalings aan belastingbetalers gedoen.

In selfs net die eerste week is R1,5 miljard terugbetaal.

Die SAID skryf dit toe aan sy vermoë om baie vinniger opgawes te evalueer wanneer sy digitale dienste benut word. Dit maak dit dan moontlik om terugbetalings binne slegs sewe dae geldig te verklaar en uit te betaal, waar dit gewoonlik met die hand meer as 30 dae sou neem.

Waar die SAID verifiëring van dokumente aanvra, kan dit egter steeds langer duur.

Die belastingjaar vir diegene wat met die hand hul opgawes by Jan Taks se fisieke takke wil indien, begin op 1 Augustus.

Die SAID het wel weer eens beklemtoon dat belastingbetalers eerder sy digitale dienste moet gebruik sodat sy personeel kan fokus op die ondersoek en vervolging van grootskaalse ontduikers, wat meer aandag verg.

Benewens die versnelde uitbetaling van enige gelde wat die SAID aan individue verskuldig is, sê die taksman sy digitale dienste beskik oor ’n kletsdiens en hulpforums om te verseker dat gebruikers regstreeks enige onsekerheid kan opklaar.

Die SARS MobiApp is beskikbaar op sowel die Apple iStore as Google Play Store op alle slimfone.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.