Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Jan Taks sukkel stééds met eFiling
'n Verdere krisis is by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is probleme met sy eFiling-sisteem.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ervaar stééds probleme met sy eFiling-portaal.

Die SAID sê Dinsdag in ’n verklaring hy is bewus 'n "paar" belastingbetalers ervaar probleme wanneer hulle op die portaal wil inteken, ontvang nie eenmalige sekuriteitskodes nie, kry nie aanhangsels gelaai nie of berekeninge is foutief.

“Die SAID beskou dié probleme as baie ernstig en alles word gedoen om probleme vinnig op te los en die invloed op belastingbetalers te beperk,” sê die SAID in die verklaring.

Die SAID sê hy het vanjaar verskeie veranderinge aan sy stelsel aangebring.

Dit sluit in:

  • Nuwe sekuriteitsmaatreëls is ingestel;
  • Die platform gebruik bekende webblaaiers soos Google Chrome. Internet Explorer kan nie meer gebruik word vir eFiling nie;
  • HTML5-tegnologie word gebruik;
  • Die nuwe MobiApp is bekend gestel;
  • Die eFiling-webtuiste is verbeter; en
  • ’n Funksie wat werknemers van die SAID toelaat om webblaaie te sien terwyl hulle belastingbetalers help.

Luidens die verklaring het die SAID al meer as 1,3 miljoen opgawes ontvang. Hiervan was 913 474 vir die 2019-belastingjaar.

Teen 29 Julie het Jan Taks al R5,4 miljard aan belastingbetalers terugbetaal.

Die SAID nooi belastingbetalers wat probleme ervaar, om hom via die app te kontak of sy inbelsentrum op 0800 00 7277 te skakel.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Said  |  Belasting  |  Efiling  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.