Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Jou kind se opvoeding kan jou R1,6 m. kos
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Jou kind se opvoeding kan jou bitter duur kos. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Ouers met ’n kind wat vanjaar met graad R begin, kan verwag om sowat R1,6 miljoen te moet opdok as dié kind na ’n staatskool gaan en daarná ’n driejarige graad by ’n universiteit voltooi.

Dit is volgens die jongste berekeninge van Old Mutual, en gegewe inflasie van 9% in onderwyskoste.

As die kind na ’n privaat skool gaan, styg die bedrag na R3,7 miljoen.

Maar net 45% van stedelike Suid-Afrikaanse ouers spaar doelbewus vir die opvoeding van hul kinders, volgens die jongste Old Mutual Savings and Investment Monitor.

Marius Pretorius, aanbodbestuurder by Old Mutual, glo ’n finansiële adviseur kan ouers help om aanbevelings te maak en oplossings te vind om vir hul kinders se opvoeding te spaar, binne die perke van hul begroting en tydraamwerk.

Die maandelikse koste vir skoolgeld by ’n deursnee staatskool kan vanjaar sowat R3 500 beloop, en by ’n private skool styg dit tot R8 500. Dit ruk ’n aansienlike gat in enigiemand se maandelikse begroting, en dan sluit dit nog nie eens ekstra koste soos skoolklere, skryfbehoeftes, en geld vir buitemuurse aktiwiteite soos sport en ekstra klasse in nie.

Beleggingsopsies wat oorweeg kan word om vir onderwyskoste te spaar sluit in:

’n Belastingvrye spaarplan wat belastingvrye groei en buigsaamheid bied. As jy die plan in jou kind se naam open, kan dit hulle egter later raak omdat die totale perk op wat jy in die plan kan belê tans R500 000 is;

’n Gefokusde spaarplan wat jou dwing om gereelde bydraes oor ’n vaste termyn te maak. Dit het ’n versekeringselement in wat beskerming bied om die beleggingsdoel te haal ingeval die ouer sterf of nie meer ’n inkomste kan verdien nie;

’n Buigsame spaarplan waarin jy gereeld bydraes kan sit of enkelbedrae kan inbetaal wat jou toegang tot die geld gee wanneer jy dit benodig;

Effektetrusts of beursverhandelde fondse – daar is ’n groot verskeidenheid om van te kies gegrond op jou behoeftes, doelwitte en tydraamwerk.

opvoeding

Nog wenke om te help spaar vir jou kind se opvoeding:

1. Stel ’n begroting op en hou daarby. As jy weet waarop jy jou geld uitgee, kan jy duideliker sien waar jy kan sny.

2. Verhoog jou inkomste. Kyk of jy jou stokperdjie of belangstelling in ’n inkomste-genererende aktiwiteit kan omskep. Gebruik jou vaardighede na-ure en oor naweke om jou inkomste aan te vul.

3. Soek winskopies. Die internet het dit makliker gemaak om pryse te vergelyk en winskopies te vind. Grootmaat-aankope help ’n mens ook gewoonlik om te spaar.

4. Benut lojaliteitsprogramme. Ken die reëls van al die lojaliteitsprogramme waaraan jy behoort en kyk waar jy die maksimum punte kan verdien.

5. Skenk aan die toekoms. Pleks daarvan om nou duur geskenke aan jou kinders te gee, kan jy kies om ’n kleiner geskenk te koop en die verskil te gebruik om in ’n spaarplan vir hul opvoeding te belê. Laat familie en vriende ook weet dat hulle tot die plan kan bydra pleks daarvan om duur geskenke te koop.

6. As jy volgens jou inkomstevlak kwalifiseer vir afslag op of kwytskelding van skoolgeld, doen gerus aansoek daarvoor by die skool.

Meer oor:  Spaargeld  |  Rente  |  Opvoeding  |  Skoolgeld  |  Skool  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.