Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Jy kan nog Lotto speel – maar aanlyn is veiliger

Dis dalk nie so noodsaaklik soos toiletpapier nie, maar jy mag steeds gedurende die inperking ’n Lotto-kaartjie by jou supermark koop.

ithuba
Lotto bly wettig - ons hou duim vas vir dié wat speel...

As jy ’n groot bedrag geld wen, sal jy baie tyd hê om te droom hoe jy dit gaan bestee, want jy sal dit eers ná die inperking kan opeis.

Klein winkels betaal prysgeld van tot slegs R2 000 uit, terwyl groter kleinhandelaars tot R10 000 en goedgekeurde sentrums tot net onder R50 000 uitbetaal.

Ithuba, die maatskappy wat die nasionale lotery bedryf, skryf op sy webwerf dat alle trekkings vir Lotto, Powerball en Daily Lotto – met die uitsondering van Sportstake – soos normaalweg voortgaan. Laasgenoemde is gekanselleer omdat geen sportgeleenthede gedurende die Covid-19-pandemie plaasvind nie.

Trekkings word steeds op nasionale televisie uitgesaai. Die Lotto-trekkings is op Woensdae en Saterdae om 20:57 op SABC2 en die Powerball-trekkings word op Dinsdae en Vrydae om 21:00 op e.tv gedoen.

Uitslae word ook aanlyn gepubliseer op www.nationallottery.co.za, op die lotery se app en op sy sosialemediabladsye. Dit sluit in:

Ithuba vra dat wenners nie “angstig” raak nie – Lotto-kaartjies is vanaf die trekkingsdatum 365 dae geldig. Mense met wenkaartjies moet dit veilig hou en kan die geld ná die inperking by Ithuba se hoofkantoor of streekkantore opeis.

Ithuba se kantore is weens die inperking gesluit.

Ithuba se oproepsentrums is oop, hoewel operateurs van die huis af werk. Spelers kan 0800 484 822 met navrae skakel en winkels 0860 456 886. Die oproepsentrums is Maandae tot Saterdae vanaf 06:00 tot 23:00 oop en Sondae vanaf 06:00 tot 21:00.

Mense word wel aangemoedig om die Lotto eerder aanlyn te speel om hul risiko van blootstelling aan die virus wat Covid-19 veroorsaak te verminder.

  

Maniere om die Lotto aanlyn te speel

  

Vir al dié maniere van speel word jou prysgeld regstreeks in jou bankrekening inbetaal indien die prysgeld R50 000 of minder is. Groter bedrae moet by Ithuba se hoofkantoor of streekkantore opgeëis word wanneer die inperking opgehef word.

1. Speel deur Ithuba

Jy kan op die Lotto-webwerf, nationallottery.co.za, aanlyn speel nadat jy geregistreer het of jy kan die Lotto-app op Play Store aflaai (’n weergawe vir Android-fone is nie tans op Google Play beskikbaar nie).

Maak seker jy laai wel die amptelike Lotto-app af, naamlik SA National Lottery (Official SA Lottery App), aangesien daar tientalle apps is wat Lotto-nommers genereer of -resultate publiseer.

2. Speel deur jou bank

FNB, Absa, Standard Bank en Nedbank stel jou in staat om die Lotto te speel, sowel op jou internetbankdiens en op die banke se mobiele app. Daar is wel ’n bankkoste betrokke. Standard Bank vra jou R2,30, Absa R2,50 en FNB en Nedbank R2,60. Dis ongeag hoeveel rye jy koop.

Capitec, African Bank en ander banke stel jou nie in staat om Lotto-kaartjies aanlyn te koop nie.

Meer oor:  Ithuba  |  Lotto  |  Staat Van Inperking  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.