Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Jy spaar te min. Word só ’n beter spaarder

Ons hoor gereeld dat Suid-Afrikaners nie genoeg spaar nie en dat die meerderheid mense gaan sukkel om hul lewenspeil ná hul aftrede vol te hou. Hoe word jy prakties ’n beter spaarder? Jan der Merwe, hoof van aktuarieel en produk van PSG Wealth, gee raad.

    

Hoe vinniger jy leer om te spaar, hoe makliker word dit.

Navorsing deur Trading Economics wys dat Suid-Afrikaners die laagste huishoudelike spaarkoers het van ál die G20-lande. Teen die begin van 2019 was die verhouding van huishoudelike spaargeld tot besteebare inkomste 0,15%. Sowat 40% van werkende, stedelike huishoudings in Suid-Afrika het géén formele aftreespaargeld nie.

spaarkoers

  

Wat is ’n goeie maatstaf vir spaar?

    

Hoeveel jy behoort te spaar, sal altyd afhang van jou doelwitte, die tyd wat jy tot jou beskikking het, en natuurlik jou vermoë om te spaar.

Elke mens se spaarbesluit is uniek, maar ’n eenvoudige reël kan ’n handige beginpunt wees om jou minstens in die regte rigting te laat dink.

Hiervolgens moet jy minstens 15% van jou voorbelaste inkomste in jou aftreefondse spaar. Nadat jy dít gedoen het, kan jy die volgende as bestedingsriglyne gebruik vir jou nabelaste inkomste:

  • 60% vir noodsaaklikhede (bv. behuising, kos, krag en water).
  • 30% vir diskresionêre uitgawes (bv. vermaak en luukses); en
  • 10% vir spaar (bv. onderrig, noodfonds en vakansies).

Die “regte” antwoord sal van mens tot mens verskil en ’n finansiële raadgewer kan jou help om die regte spaarplan vir jou op te stel.

  

Praktiese wenke om jou te help spaar

   

Dit kan uitdagend wees om die nodige aanpassings aan jou leefstyl te maak as jy op die oomblik minder spaar as die aanbevole vlakke.

Die eerste stap is om ’n begroting op te stel – en daarby te hou.

Om spaar uit te stel totdat jy “genoeg” geld het, gaan vir seker tot mislukking lei.

Jy gaan baie waarskynliker kan slaag met ’n spaarplan as jy beleggings prioritiseer en geld vir langtermyndoelwitte wegsit vóórdat jy in die versoeking kom om dit elders te bestee, byvoorbeeld deur middel van ’n outomatiese maandelikse debietorder.

Begin deur inkrementeel veranderinge aan jou leefstyl aan te bring en hou jou toewyding vol totdat jy jou ideale spaarvlakke behaal het.

Mettertyd sal jy skaars dié klein aanpassings agterkom, maar die “opofferings” sal geleidelik en konsekwent optel en jou help om jou neseier te laat groei.

Spaar word baie gou ’n deel van jou persoonlike dissipline en sal nie meer soos ’n opoffering voel nie!

Spaargeld tel vinnig op, soos die grafika hieronder wys.

  

spaarkoers
Wenke

  

Die belangrikste is dat jy so gou as moontlik begin en aanhou sodra jy ’n vaste fondament gelê het. Hier is enkele riglyne:

  • Begin min spaar en verhoog dit elke jaar geleidelik.
  • Pas altyd jou spaargeld jaarliks aan in pas met die inflasiekoers.
  • Hou boek van hoeveel geld jy bestee en vergelyk dit met jou begroting. Dis sal help uitwys waar jy jou besteding moet aanpas.
  • Moenie jouself met ander mense vergelyk nie. Hou maar jou ou selfoon nog ’n paar jaar, ry maar jou motor nog ’n paar jaar, en jy het nie die nuutste modes nodig nie.
  • Bewaar altyd jou aftreespaargeld wanneer jy van werk verander.

* Jan van der Merwe is PSG Wealth se hoof van aktuarieel en produk.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.