Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Kan jy gekker spaarwenke as dié uitdink?
spaar
Kan jy aan enige gek spaarwenke dink? Foto: Unsplash

Puik spaarwenke is dié week gedeel op die amptelike bekendstelling van Spaarmaand, maar ’n paneel kenners het ook ’n paar omstrede “wenke” gedeel wat miskien eerder gepas was vir mense wat op ’n baie liberale hoewe woon.

Die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut (Sasi) het Woensdag in Sandton ’n reeks finansiële kenners vir die jaarlikse spaarveldtog in Julie byeengebring.

LEES OOK: Te arm om te spaar? Dié 12 wenke kan help

Nadat ’n reeks sinvolle spaarwenke gedeel is, het die paneel die tema van #CrazyWaysToSave ’n bietjie te veel ter harte geneem – kom ons sê maar hulle het met van hul wenke ’n rukkie lank ’n bietjie die draaiboek byster geraak.

“Moenie spaar nie!” het Samke Mhlongo, ’n onafhanklike finansiële adviseur, passievol kwytgeraak.

Sy sê mense moet “in hulself as bates belê”, eerder as om elders te belê.

Mhlongo meen dat Suid-Afrika se finansiële sektor op welvaartbewaring eerder as welvaartskepping gefokus is. Dié wanbalans hou dus armes arm, en dien slegs diegene wat reeds geld het.

“Spaar gaan jou nie ryker maak nie,” het sy gesê voordat sy begin uitwei het oor hoe jy jouself as handelsmerk moet bemark.

Ná Mhlongo was dit Maya Fisher-French, ’n finansiële joernalis, se spreekbeurt.

Fisher-French, wat haar lysie wenke gereed gehad het, was onkant gevang deur die skielike wending in die gesprek.

“Ek... ek sien jou punt,” het sy ’n ietwat verbouereerd aan Mhlongo gesê. “Miskien is jy reg, ja, ek stem saam. Belê in jouself! Ons almal op dié paneel het tog. Nou is ons ons eie baas.

“Om ’n salaris trek is vir sotte,” het sy toe senuagtig gegrap voordat sy haar wenke gedeel het.

Hier is van die snaaksste spaarwenke wat tussendeur gedeel is:

1. Bad almal saam: Mapalo Makhu, ’n finansiële afrigter van Women & Finance, reken om jou kinders almal in dieselfde badwater te bad, is ’n goeie manier om waterkoste te beperk. Die gehoor het lekker gelag, maar was nie so gretig om dit te probeer toe Makhu gevra het wie belangstel nie.

2. Koop ’n vark: Gerald Mwandiambira, waarnemende uitvoerende hoof van Sasi, sê dalk is die huidige samestelling van finansiële dienste en instellings van so ’n aard dat dit nie eie aan Afrika se denke oor spaar is nie. Sy voorstel is toe om ’n vark te koop. “Hulle teel vinnig aan en daar kom nie net een varkie uit nie, daar kom soos in vyf. Dis ’n 500%-opbrengs daai, en spekpryse hou net aan styg!” Baie mense in Suid-Afrika kan dit dalk baie toegankliker en verstaanbaarder vind as ’n manier van spaar.

3. Koop ’n handjievol aandele in talle maatskappy vir . . . gratis middagetes: Fisher-French meen hierdie ou praktyk van pensioenarisse wat sy destyds waargeneem het, is duidelik ’n goeie algehele strategie om te spaar. Koop die minimum aantal aandele in ’n reeks plaaslike maatskappy met hul hoofkantoor naby jou, en dan is jy geregtig om by hul jaarvergaderings op te daag en gratis middagetes te kry. Moenie bekommerd wees oor die opbrengste nie, dié belegging gaan net oor die mitiese gratis middagete wat jy nou kon verseker.

4. Koop twee hoenders: Nicolette Mashile van Financial Fitness Bunny meen jy moet twee henne aanskaf wat vir jou eiers sal lê. Mwandiambira het uitgewys dat jy eintlik ’n hen én ’n haan nodig het om die diertjies te laat aanteel, wat sommer vir jou vleis ook kan lewer.

Kan jy beter spaarwenke uitdink? Neem deel aan Sasi se kompetisie, en wen!

Sasi het drie kontantpryse beskikbaar gestel vir die drie video’s met die beste #CrazyWaysToSave-spaarwenk.

Maak ’n video wat ’n maksimum van 30 sekondes lank is van jouself wat jou spaarwenk deel, en laai dit óf op Sasi se Facebook-blad (South African Savings Institute) óf op Twitter met die hutsteken #CrazyWaysToSave. Voeg @SASIsavings by.

Die wenner sal R10 000 en die naaswenners onderskeidelik R7 000 en R3 000 ontvang.

Indien die wenner dan ook ’n Absa-rekening het of open, sal dié bank as die borg van Spaarmaand die wengeld verdubbel. Sterkte!

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2185,94 (918)
  • Top 40 50077,78 (-5644)
  • All Share 56123,83 (-9658)
  • Resource 10 43758,63 (-5410)
  • Financial and Industrial 30 76079,11 (-10135)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.