Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
‘Klein’ noodgevalle bring gróót nood vir verbruikers
Motorongeluk
’n Motorongeluk het die potensiaal om die meeste Suid-Afrikaanse huishoudings te ruïneer. Foto: Pixabay

’n Motorongeluk of mediese noodgeval waarvan die koste meer as R10 000 beloop, het die potensiaal om die meeste Suid-Afrikaanse huishoudings te ruïneer.

Altesame 41% van huishoudings waarin minstens een persoon ’n inkomste verdien, sal glad nie ’n nooduitgawe van R10 000 kan finansier nie en 71% sal nie ’n noodgeval van R50 000 kan finansier nie.

Daarby het net 35% van werkende huishoudings korttermynversekering en net 41% het ’n mediese fonds – alles dinge wat sou kon help om noodgevalle te betaal.

Die inligting kom uit Old Mutual se Spaar- en Beleggingsmonitor vir 2019, wat Maandag uitgereik is en ’n droewige prentjie skilder van hoe Suid-Afrikaners se geldsake oor die afgelope jaar – en veral ook oor die afgelope dekade – agteruitgegaan het. Die monitor is gegrond op onderhoude met 1 000 huishoudings in stedelike gebiede, almal huishoudings waarin minstens een persoon wel ’n inkomste verdien.

Huishoudelike inkomste

  • Die meeste werkende Suid-Afrikaners is salaristrekkers, maar 15% se hoofinkomste is hul eie onderneming (2018: 13%).
  • 7% van Suid-Afrikaners vul hul inkomste aan met ’n tweede werk of onderneming (2018: 5%).
Bestee

Huishoudelike besteding

Lynette Nicholson, Old Mutual se navorsingshoof, sê dit was in 2018 opmerklik dat Suid-Afrikaners besnoei het aan luukse besteding soos vermaak – hulle het selfs begin om nie meer vriende oor te nooi nie omdat hulle dit nie kon bekostig nie. Vanjaar besnoei 33% mense selfs verder aan uiteet en vermaak; 29% besnoei wanneer hulle vriende oornooi; en 28% besnoei aan vakansies.

Vanjaar is dit egter ook duidelik dat verbruikers hul bes doen om te besnoei op dinge soos kos, vervoer, krag en water. 46% van Suid-Afrikaners besnoei aan kos en kruideniersware, en dit sluit ’n groot persentasie huishouding in die boonste inkomstekategorie – van R40 000 en meer per maand – in.

Mense herbekyk ook hul vervoer werk toe, met 14% wat daaraan spaar; krag en water (21%); skoene en klere (42%); hare en skoonheid (29%); en selfoon- en datakoste (34%).

Kommerwekkend is dat 11% van mense hul mediese fonds afskaal of afskaf; 11% besnoei aan motor- en huishoudelike versekering; en 12% aan hul kinders se opvoeding (12%).

  • 92% van Suid-Afrikaanse huishoudings is op die uitkyk vir winskopies en spesiale aanbiedings (2018: 88%).
  • 69% van Suid-Afrikaanse huishoudings koop nou op grootmaat aan (2018: 61%).

Nicholson sê die besnoeiings is geen verrassing nie, gegewe dat daar ’n gemiddelde styging van 25% was in die aantal huishoudings wat groot stres beleef weens geldprobleme.

“Laerinkomste-huishoudings is onder die meeste druk, maar dis beslis opmerklik dat middel- tot hoë-inkomstegesinne ook hoë vlakke van finansiële stres toon.”

  • Net 7% van huishoudings voel hulle leef gerieflik; 29% voel hulle doen “oukei”; 35% kom net-net oor die weg; en 29% vind dinge of moeilik of uiters moeilik.

Spaarpatrone

Vir Nicholson is die kommerwekkendste tendens vanjaar dat net 30% van Suid-Afrikaners vir noodgevalle spaar. In 2018 was dit nog 43%.

  • 35% van huishoudings spaar nou meer as ’n jaar gelede, 46% spaar minder, en 19% spaar min of meer dieselfde bedrag.
  • R2 260 is die gemiddelde bedrag wat alle werkende huishoudings maandeliks spaar (spaar sluit alles in van stokvels tot begrafnispolisse tot spaarrekeninge en beleggings). Dit wissel van R660 vir huishoudings wat minder as R6 000 per maand verdien tot R5 319 vir huishoudings wat R40 000 en meer verdien.

Van dié wat méér spaar, skryf 54% dit toe aan ’n styging in hul inkomste; 27% aan ’n verandering in hul denkwyse oor hoe belangrik spaar is; en 26% aan die vermindering van hul skuld (mense kon meer as een rede gee).

Salaris

Net 45% van mense met kinders spaar vir hul kinders se opvoeding. Tien jaar gelede – in 2010 – het 63% van ouers vir hul kinders se opvoeding gespaar.

Daarby het 42% van werkende huishoudings géén aftreespaarplan nie – nie ’n pensioenfonds óf uittree-annuïteit nie. 30% beskou hul huis as deel van hul aftreebeplanning.

Ondanks die swak spaarkultuur beskou al hoe meer mense dit wel as belangrik om vir die toekoms te spaar – 33% teenoor 22% verlede jaar.

Skuld

Mense leun swaar op skuld – en dis juis die grootste rede vir finansiële stres. 19% van mense wat gestres is oor hul geldsake skryf dit aan hul skuldvlakke toe.

Die persentasie huishoudings met persoonlike lenings het tot 19% gestyg (2018: 14%) en die persentasie mense wat geld by vriende en familielede leen tot 17% (2018: 10%). 41% van dié lenings word baie onreëlmatig terugbetaal.

Die persentasie huishoudings met kredietkaarte en winkelkaarte het wel skerp gedaal.

  • 28% van Suid-Afrikaners het ’n kredietkaart (2018: 32%). Die daling is die skerpste in die inkomstekategorie R20 000 tot R39 999, waar die persentasie huishoudings met ’n kredietkaart van 53% in 2018 tot 41% in 2019 gedaal het.
  • 60% van huishoudings het ’n winkelkaart (2018: 66%). Dit het skerp gedaal onder welvarende huishoudings, van 70% tot 57% (inkomste van R40 000 en meer) en van 76% tot 65% (inkomste van R20 000 tot R39 999).
  • 56% van huishoudings betaal egter net die minimum terugbetaling op hul kredietkaart elke maand (2018: 54%). Net 16% van huishoudings betaal al hul kredietkaartskuld af elke maand.

Spaar- en beleggingsprodukte

Stokvels en begrafnispolisse bly die belangrikste manier waarop Suid-Afrikaanse huishoudings spaar, en dis veral algemeen onder swart huishoudings. 59% van werkende swart huishoudings dra tot minstens een stokvel per maand by.

  • 74% van huishoudings het minstens een begrafnispolis.
  • Slegs 7% van huishoudings spaar in effektetrustfondse of beursverhandelde produkte, terwyl net 3% van huishoudings regstreeks aandele besit.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.