Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Kospryse: Hoender, eiers kan jou help spaar

As jy nie reeds jou vrieskas vol vleis gepak het nie, begin dit dalk nou te laat word.

Jou vleislus begin weer duurder kos. Foto: Pixabay

Ná vier maande waarin vleispryse gemiddeld laer was as ’n jaar vantevore, het vleis weer in Junie duurder geword. Die mandjie vleis wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) meet, was weliswaar net 0,3% duurder as in Junie 2018, maar dit kom nadat die mandjie vanaf Februarie tot Mei goedkoper was as in dieselfde maand van 2018. Die grootste daling, van 1,2%, was in April.

SSA se mandjie is swaarder gelaai met hoender omdat dit Suid-Afrikaners se stapelvleis is.

Met vleis weer aan die duurder word, is daar nie ’n enkele basiese kossoort wat nou goedkoper is as ’n jaar gelede nie.

Die skerpste styging is weer brood en graanprodukte, wat 7,3% duurder is. Dit weerspieël die styging in mieliepryse die afgelope maande.

Die verwagting is dat duurder mielies ook vleispryse gaan opdruk omdat mielies die grondslag van baie dierevoer vorm.

Die Investec-ekonoom Annabel Bishop is wel optimisties dat die 2019-mielieoes graanpryse in toom sal hou. Hoewel ’n rekordoes beslis nie verwag word nie, behoort dit voldoende te wees om in die vraag te voorsien.

Alle kos en nie-alkoholiese drank wat SSA meet, is 3,7% duurder as ’n jaar gelede (Mei: 3,2%). Net kos, sonder koeldrank, koffie en tee, is 3,2% duurder (Mei: 2,8%).

Dit wys ook die invloed van die gemiddelde 9,9%-styging in koeldrankpryse.

Die styging in kospryse is nou die hoogste sedert September 2018.

Soetgoed soos lekkers en poedings word op die oomblik vinnig duurder, teen 8,2%.

Selfs gesonde groente is egter 6% duurder as ’n jaar gelede.

Ná vleis is die matigste prysstygings dié van melk, kaas en eiers, teen 2,1%.

Koffie en tee is ook net 2,7% duurder as ’n jaar gelede.

Drink dit egter maar bitter, want suiker is veel duurder!

kos, inflasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.