Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Kospryse: Minder soet met dié sout

’n Skielike skerp daling in die inflasiekoers is goeie nuus vir platsak verbruikers, maar om ’n tiekie se suiker van jou buurman te versoek, is dalk steeds te veel gevra.

kospryse, inflasie
Kospryse bly aan die styg terwyl inflasie sak. Foto: Unsplash

Die inflasiekoers het sy vorige laagtepunt vir 2019 van 4% in Julie herhaal, maar verbruikers sal hul oog op kospryse moet hou.

Patrick Kelly, uitvoerende direkteur van prysstatistieke van Statistieke Suid-Afrika (SSA), sê basiese voedsel soos brood en graanprodukte het “aangehou hoër klim”. Dié produkte was 7,9% duurder as ’n jaar gelede, selfs meer as Junie se 7,3%-styging.

Vleispryse het ook in Julie gewys dat die dalings van die eerste paar maande van die jaar agter die rug is. Die prys van vleis het in Julie wel met slegs 0,2% opgegaan, maar dis nou die tweede opeenvolgende maand van stygings nadat die mandjie vleis wat SSA meet, vanaf Februarie tot Mei goedkoper as in dieselfde maand in 2018 was.

In April het vleispryse nog met 1,2% op ’n jaargrondslag gedaal.

Daar is nie ’n enkele basiese kossoort wat nou goedkoper as ’n jaar gelede is nie.

En as jy beoog het om wel die algehele laer inflasiekoers met ’n lekker snytjie koek fees te vier, is daar ongelukkig nog ’n bietjie slegte nuus.

Die grootste inflasiekoers in die mandjie van voedsel wat die SSA meet, is suiker, lekkers en poeding. Dié kategorie produkte se inflasiekoers het in Julie op 8,7% te staan gekom.

Ongelukkig gaan ’n glasie brandewyn ook nie sommer help nie. Spiritualieë se inflasiekoers het in Julie tot 6,6% gestyg.

Alle kos en nie-alkoholiese drank wat SSA meet, is 3,4% duurder as ’n jaar gelede (Junie: 3,7%). Net kos, sonder koeldrank, koffie en tee, is 3% duurder (Junie: 3,2%).

Hier is die lys voedselprodukte wat ’n ietwat laer inflasiekoers as in Junie het:

  • Vleis: 0,2% (Junie: 0,3%)
  • Melk, kaas en eiers: 1,6% (2,1%)
  • Olies en vette: 2,9% (3,5%)
  • Groente: 4,3% (5,7%)
  • Koffie en tee: 2,5% (2,7%)
  • Koeldrank: 7,1% (9,9%)
  • Wyn: 8% (8,7%)
kospryse

    Meer oor:  Kospryse  |  Inflasie  |  Voedselinflasie  |  Vpi1907  |  Vleispryse
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    • INDEKS
    • GELDEENHEDE
    • KOMMODITEITE
    Data word met 15 min. vertraag
    • Gold Mining 2417,42 (6258)
    • Top 40 48865,06 (-69430)
    • All Share 54876,82 (-74598)
    • Resource 10 43434,32 (-38670)
    • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

    Sakegesprek

    Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.