Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Kospryse: Tjops, olie maak jou trollie so duur

Verbruikers wat hul kosrekening in toom probeer hou, moet probeer om met minder kookolie, rooivleis en soetgoed oor die weg te kom.

Hulle kan egter gerus meer seisoenale vrugte in die trollie laai.

Tjops and a braai
Rooivleis word op die oomblik baie vinnig duurder, wat ’n braai en selfs bredie ’n luukse maak. Foto: Unsplash
Unsplashed Andrik Langfiels

Volgens Statistieke Suid-Afrika se inflasiesyfers vir Junie het die gemiddelde huishouding se kosrekening oor die afgelope jaar met 6,7% gestyg, ingesluit koeldrank, tee en koffie, maar uitgesluit alkohol.

Die drie koskategorieë wat die vinnigste gestyg het, was vette en olies (21,6%); vleis (8,6%); en suiker en suikerprodukte (7,2%).

Vrugte is die enigste kategorie kos wat nou goedkoper is as ’n jaar gelede (-3,5%).

Onder basiese kossoorte is die kategorie brood en graanprodrukte, wat 4,6% duurder is as ’n jaar gelede, die enigste kategorie benewens vrugte waarvan die inflasiekoers laer is as die oorhoofse inflasiekoers van 4,9%.

Die gemiddelde prys van olies en vette styg nou al sedert Februarie 2019, toe dit net 1,2% was. In Junie was dit ’n astronomiese 21,6%, en die grootste probleem is kookolies.

Volgens SSA was die gemiddelde prys van ’n 750 ml-bottel sonneblomolie in Junie 2020 R20,99, maar in Junie 2021 was dit R29,45, ’n styging van 40,3%.

Vleis se prysstygings neem ook steeds al hoe vinniger toe. Die onlangse laagtepunt was inflasie van 4,1% in Augustus 2020 – nou is dit 8,6%. Stowebeesvleis is nou 16,7% duurder as ’n jaar gelede, lamsvleis 10,9% en varkvleis 10,5%.

Vleispryse styg veral weens die styging in voer- en ander insetkoste.

Suikertande kan hulle daaraan troos dat die styging in die kategorie vir suiker en lekkers stadig maar seker daal. Dit was in Oktober 2020 9,7% duurder as die vorige jaar, maar die inflasiekoers het in Junie tot 7,2% verlangsaam.

Volgens die ekonomiese span van Momentum Investments, Johann van Tonder, Sanisha Packirisamy en Herman van Papendorp, het die druk op plaaslike kospryse weens internasionale faktore in Junie effens verlig. Die Voedsel-en-Landbou-Organisasie se kosprysindeks het in Junie vir die eerste keer in 12 maande van maand tot maand gedaal, grootliks danksy ’n groter beskikbare voorraad graan en olies.

“As dié neiging voortduur, behoort kospryse minder druk op die oorhoofse inflasiekoers te plaas in die tweede helfte van 2021.”

k

Meer oor:  Vpi2106  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Kosprysinflasie  |  Vleispryse  |  Inflasiekoers  |  Vleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.