SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Geldsake
Koste om voertuig op pad te hou styg 14%
Baie mense besef nie om ’n voertuig te besit, behels veel meer as die paaiement en die brandstof nie.

Die koste om ’n voertuig op die pad te hou, het in die laaste jaar met gemiddeld R940 – of 14% – gestyg, sê die voertuigfinansier Wesbank.

Verbruikers se besteding aan hul voertuie, brandstof, voertuigversekering en -onderhoud het sedert 2013 met 31% gestyg, sê Wesbank na aanleiding van berekeninge deur sy mobiliteit-sakrekenaar.

Ghana Msibi, uitvoerende hoof van verkope en bemarking by Wesbank, sê ondanks lae rentekoerse en gunstige voertuigprysinflasie, het stygende brandstofpryse en die hoër BTW-koers die algehele koste om ’n voertuig op die pad te hou, verhoog. Die paaiemente van voertuigfinansiering en brandstof bly die grootste uitgawe-items en maak 80% van die maandelikse besteding aan mobiliteit uit.

Die mobiliteit-sakrekenaar monitor alle voertuigverwante koste en sluit ’n maandelikse paaiement, versekering, brandstof en onderhoud in.

Msibi sê in ’n verklaring vir die berekening word die voertuigprys gegrond op die gemiddelde intreevlak-motor wat sowat 2 500 km per maand aflê. Mettertyd word die koste aangepas om die heersende inflasiekoers en brandstofpryse te weerspieël.

Sowat 40% van respondente weet nie wat dit hulle maandeliks kos om die voertuig op die pad te hou nie.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê mobiliteitskoste vang voertuigeienaars dikwels onkant omdat baie mense nie besef om ’n voertuig te besit, behels veel meer as die paaiement en die brandstof nie.

Die AA sê uit ’n onlangse opname blyk dit sowat 40% van respondente weet nie wat dit hulle maandeliks kos om die voertuig op die pad te hou nie.

As jy byvoorbeeld ’n klein sedan aan die kus ry, kan die totale AA-tarief bereken word teen R3,35 per kilometer. Dit kom neer op R67 000 as jy 20 000 km per jaar ry.

’n Sportnutsvoertuig in die binneland oor dieselfde afstand gaan veel duurder wees: sowat R137 000 per jaar, of R3,75 per dag.

As jy die koste van voertuigeienaarskap wil verlaag, gaan dit oor veel meer as net beter brandstofverbruik, sê die AA. Dit gaan ook oor die soort motor, die brandstof wat jy ingooi en waar jy die tenk volmaak, die bande op die voertuig, die terrein waar jy ry, hoe ver jy ry en die versekering wat jy kies.

Items soos instandhouding en diensplanne, paaiementbetalings, en onverwagte uitgawes vir gekraakte voorruite (wat nie altyd deur versekering gedek word nie of dikwels ’n bybetaling vereis), moet in berekening gebring word, sê die AA.

Meer oor:  Wesbank  |  Brandstof  |  Motorfinansiering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1143,64 (202)
  • Top 40 44843,58 (-134525)
  • All Share 51067,77 (-135575)
  • Resource 10 39182,27 (-76408)
  • Financial and Industrial 30 67037,29 (-230941)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.