Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Laai gerus trollie met dié produkte
Leonard
Noodsaaklike items is besig om goedkoper te word. Foto: Jaco Marais

Brood, graanprodukte, rys, soet beskuitjies, cheddarkaas, kitskoffie en warm sjokolade was in die week tot 23 April aansienlik goedkoper as die vorige week.

Só wys Statistieke Suid-Afrika (SSA) se inflasiesyfer op noodsaaklike produkte wat sedert die begin van die nasionale inperking weekliks gepubliseer word.

Die prys van alle noodsaaklike goedere was in die week tot 23 April 0,1% laer as die vorige week, maar 0,2% hoër as toe die nasionale inperking van krag geword het.

Die inflasiemandjie vir noodsaaklike produkte en dienste bevat 187 van die 412 produkte in die algemene verbruikersprys-inflasiemandjie wat maandeliks gemeet word.

Kos en nie-alkoholiese drinkgoed dra ’n gewig van sowat 90% in die inflasiemandjie vir noodsaaklike produkte; huishoudelike instandhouding, gesondheid en ontspanning elk 1,9%; en diverse produkte 5,1%.

Wat die kos-indeks betref, dra vleispryse en brood en graankos die swaarste gewig van onderskeidelik 28,5%, en 16,5%.

Die res is eiers, melk en kaas, groente, vis, olie en vette, suiker, lekkergoed en nagereg, vrugte en ander kossoorte.

Kospryse in vyf van die nege kategorieë het in die week tot 23 April gedaal.

Dit sluit in brood en graanprodukte (-0,2%) met rys, soet beskuitjies en bevrore fyngebak wat onderskeidelik 2,8%, 2,6% en 11,4% goedkoper was, sê SSA.

Só lyk die styging en daling in ander kategorieë:

  • Vleis: -0,5%
  • Groente: -1,8%
  • Vrugte: +6,5%
  • Ander kos: +1,7%
  • Skoonmaak- en huishoudelike produkte: +0,8%

Vir spesifieke produkte staan sake só:

  • Cheddarkaas: -8,2%
  • Margarien: -5,6%
  • Grondboontjiebotter: +3,8%
  • Kitskoffie: -4%
  • Warm sjokolade: 3,8%
  • Blikkies gaskoeldrank: -2,7%
  • Skottelgoedseep: +2,5%
  • Toiletreinigers: +2,2%
  • Tandepasta: +6,4%
  • Haaropknapper: +4,5%
Meer oor:  Ekonomie  |  Kos  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Noodsaaklike Dienste  |  Kosprysinflasie  |  Vlak 4  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.