Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Lenings skiet op - maar swak skuld ook

Suid-Afrikaners leen al hoe meer geld, maar hulle sukkel dan om die paaiemente vir dié lenings en ander kredietgeriewe by te bring.

Suid-Afrikaners maak al hoe meer skuld, én sukkel dan om dit terug te betaal. Foto: Pixabay

En dit is nog voordat die uitwerking van die Covid-19-pandemie in berekening gebring word.

Dit is luidens die kredietburo TransUnion se nuutste verslag oor verbruikerskrediet wat Woensdag uitgereik is.

Die syfers daarin is vir die vierde kwartaal van 2019.

“Uitstaande saldo’s het in die afgelope kwartale geleidelik opgebou, met ’n opvallende opwaartse trajek sedert die eerste kwartaal van 2019,” sê Carmen Williams, TransUnion se navorsingshoof.

“Met twee opeenvolgende kwartale van negatiewe groei in die bruto binnelandse produk, wat die begin van ’n tegniese resessie beteken het, kom verbruikers toenemend voor uitdagende ekonomiese toestande te staan, en dit sal waarskynlik die behoefte aan verdere krediet aandryf,” meen Williams.

Luidens TransUnion se verslag het die aantal persoonlike lenings wat by banke aangegaan is, met 30,5% gestyg. Dit is teenoor ’n jaar tevore.

k

Dit is ook die vierde kwartaal agtereenvolgens dat daar groei van meer as 30% is in die aantal persoonlike lenings wat by banke aangegaan is. Luidens TransUnion blyk Suid-Afrikaners meer geneë te wees om ’n persoonlike lening aan te gaan as wat hulle ’n kredietkaartrekening vir skuld wil oopmaak.

Net sowat 1,8% meer nuwe kredietkaartrekeninge is gedurende die kwartaal oopgemaak teenoor ’n jaar tevore.

Die toenemende gewildheid van persoonlike lenings wat deur ander finansiëlediensteverskaffers gebied word, kan ook in die syfers gesien word.

Daar is 8,1% meer nuwe lenings by dié verskaffers aangegaan as ’n jaar tevore.

Suid-Afrikaners maak ook nie net meer nuwe kredietgeriewe oop nie, die bedrae wat hulle leen of krediet voor kry, styg ook.

In die algemeen skuld Suid-Afrikaners volgens TransUnion nou sowat R1 950 miljard. Dit sluit motorfinansiering en huislenings in. Dit is ’n styging van 9,1% teenoor ’n jaar tevore.

Waar die groot probleem inkom, is dat in al die afdelings, buiten dié vir persoonlike lenings by banke, wys die syfers dat Suid-Afrikaners sukkel om hul skuld betyds te betaal.

Daar is steeds 26,1% gevalle waar mense laat of glad nie betaal aan die persoonlike lenings wat hulle uitgeneem het nie, maar dit is 490 basispunte laer teenoor die 31% van ’n jaar gelede, lui die verslag.

“Laat betalings van uitstaande bedrae op kredietkaarte het vir die derde agtereenvolgende kwartaal toegeneem.”

Williams sê gegewe die onlangse gebeure wat betref die Covid-19-pandemie, verwag hulle dat Suid-Afrikaners in 2020 onder beduidend groter druk gaan wees rakende die hoeveelheid krediet wat hulle gaan nodig hê om kop bo water te hou, én in hul vermoë om die terugbetalings te kan bybring.

Meer oor:  Transunion  |  Resessie  |  Lenings  |  Ekonomie  |  Krediet  |  Ekonomiese Groei  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.