Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Lojaliteit, punte en pryse: Dié program is die beste
Lojaliteitsprogramme het al miljarde rande aan Suid-Afrikaners uitbetaal. Foto: Pixabay

Daar is deesdae ’n warboel van lojaliteitsprogramme wat hope voordele bied.

Maar watter een is nou eintlik die beste?

FNB se eBucks is Woensdagaand op die Loyalty Awards South Africa se eerste toekenningsgeleentheid in Kaapstad, nie net aangewys as die beste lojaliteitsprogram in die finansiële dienstesektor nie, maar ook aangewys as die algemene wenner wat lojaliteitsprogramme in Suid-Afrika betref.

Boonop is Johan Moolman, uitvoerende hoof van eBucks, aangewys as die lojaliteitspersoonlikheid van die jaar.

“Die beoordelaars het gevind die aanbod is die aantreklikste en die reëls van die program is kliënte-vriendelik,” sê die organiseerders in die verslag oor die wenners wat op hul webtuiste gepubliseer is.

eBucks se punte wat nie verval nie, die gratis aansluiting en geen maandelikse ledegeld nie het verder in sy guns getel.

FNB sê in ’n verklaring sy eBucks-program het al meer as R12,7 miljard uitbetaal sedert dit in 2000 bekend gestel is.

Moolman sê meer as 850 000 kliënte besoek elke maand die eBucks-funksie op die bank se app.

Wat kleinhandel betref, het Clicks se Clubcard met die louere weggestap. Die beoordelaars was veral beïndruk deur Clicks wat eerste was om sy kliënte met brandstof te beloon. Meer as 8 miljoen Suid-Afrikaners gebruik Clicks Clubcard as ’n lojaliteitsprogram.

Pick n Pay se Smartshopper het nie met die louere weggestap nie, maar is wel gelukgewens vir wat hy aan sy 7,5 miljoen lede bied.

Die restaurant wat die beste lojaliteitsprogram bied is Kauai. Dié restaurant, wat vennootskappe met onder meer Virgin Active en Discovery het, is veral vir sy innoverende app geloof.

Die MySchool MyVillage MyPlanet-program, wat onder meer deur Woolworths ondersteun word, is as die beste program in die “ander” kategorie aangewys.

Mense wat lede van dié program is, ontvang nie self die belonings nie. Dit word aan ’n skool-, liefdadigheids- of gemeenskapsprojek van hul keuse betaal.

Die Sanlam Reality-program het erkenning gekry vir die beste gebruik van data-ontleding, terwyl eBucks aangewys is as die program wat tegnologie op die innoverendste manier gebruik.

Wat korttermyn-programme betref, het Vodacom se Somerveldtog in 2017 die toekenning ontvang. Dié program sou oorspronklik net een somer duur, maar aangesien dit só suksesvol was, gaan dit voort.

Luidens Loyalty Awards South Africa moet die onderskeie programme self vir die toekennings inskryf en word alle programme nie outomaties beoordeel nie.

'n Woordvoerder van Discovery Vitality het bevestig dié maatskappy het nié vir dié toekennigs ingeskryf nie.

"Vitality is 'n program om gedragsverandering aan te moedig en nie 'n lojaliteitsprogram nie."

Meer oor:  Pick N Pay  |  Fnb  |  Sanlam  |  Lojaliteitsprogramme  |  Lojaliteitspunte  |  Spaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.