Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Maklike geld? Nee, te goed om waar te wees!

Nee, die tesourie of minister van finansies gaan nie jou projek of sakeplan finansier nie – dis nie hoe dinge werk nie.

muis
Oppas vir beloftes van geld - dis dalk ’n bedrogspul wat jou duur te staan kan kom. Foto: Pixabay

As mense op Facebook gevra word om geld te betaal in ruil vir finansiering vir hul onderneming, moet hulle weet dis ’n skelmstreek, waarsku die tesourie in ’n verklaring.

In dié bedrogspul word mense ook hul volle name, identiteitsnommers en huisadres gevra.

Die tesourie draai nie doekies om in sy waarskuwing nie: “Die ministerie herhaal dat sulke skelmstreke net kan slaag in die mate waarin lede van die publiek ’n onblusbare dors na maklike welvaart het. Mede-Suid-Afrikaners wat heeltyd soek na geleenthede om maklik geld te maak, word maklik die slagoffers van sulke swendelary.”

Hoe herken jy ’n bedrogspul?

  • Jy sal gevra word vir jou bankinligting, rybewysnommer, kredietkaartnommers, paspoortnommer, inligting oor familielede en ander persoonlike inligting.
  • Die e-pos, SMS of Facebook-boodskap lig jou in dat jy ’n prys gewen het, selfs al het jy nie vir ’n kompetisie ingeskryf nie.
  • Die e-pos is dalk persoonlik aan jou gestuur, maar dis ook aan ander mense gestuur.
  • Dit bevat dalk oordrewe aansprake (dit klink “te goed om waar te wees”).
  • Daar is dalk spelfoute in.
  • Embleme van organisasies wat genoem word, is van lae resolusie.
  • Die name van die mense wat die e-pos stuur, is algemene vanne (Smith, Jones, en so meer).
Meer oor:  Bedrog  |  Fishing  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2484,77 (9054)
  • Top 40 48545,62 (-10133)
  • All Share 54280,79 (-10551)
  • Resource 10 42993,1 (-27592)
  • Financial and Industrial 30 73252,99 (-2724)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.