Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Middelklas stres al hoe meer oor hul geldsake
Minstens 50% van Suid-Afrikaners lê wakker oor hul geldsake. Foto: Unsplash

Geldprobleme is ’n enorme bron van stres vir Suid-Afrikaanse huishoudings – en die stres het die afgelope jaar skerp gestyg, ook in middelklas- en welvarende huishoudings, toon Old Mutual se Spaar- en Beleggingsmonitor vir 2019, wat Maandag uitgereik is.

  • 58% van huishoudings wat R6 000 tot R13 999 per maand verdien, sê hulle is gespanne oor hul geldsake. In 2018 was dit net-net ’n minderheid van 46%, dus ’n styging van 12 persentasiepunte.
  • 51% van huishoudings van R14 000 tot R19 999 per maand verdien, stres oor geld. Dis teenoor net 36% in 2018, ’n styging van 15 persentasiepunte.
  • Selfs huishoudings wat R20 000 tot R39 999 verdien, se stres oor geld het van 31% in 2018 tot 42% in 2019 gestyg (11 persentasiepunte).
  • Huishoudings wat meer as R40 000 per maand verdien, se stres het van 18% tot 27% gestyg (9 persentasiepunte).
  • Die hoogste stresvlakke oor geld, 70% van huishoudings, bly in die kategorie wat minder as R6 000 per maand verdien, 2 persentasiepunte meer as 2018 se 68%.
  • Gemiddeld beskryf 50% van Suid-Afrikaners geld as ’n bron van stres, teenoor 40% in 2019 – ’n styging van 10 persentasiepunte.

Die Spaar- en Beleggingsmonitor meet Suid-Afrikaners se finansiële welstand oor ’n breë front. Onderhoude is met meer as 1 000 werkende, stedelike Suid-Afrikaners gevoer vir vanjaar se monitor.

Die grootste rede vir finansiële stres is skuld, met 19% van  mense wat “uitermate gestres” is wat sê hulle het te veel skuld.

Op die vraag: “As jy afgelê word of jou werk verloor, sou jy genoeg geld hê om hoe lank te hou?” het nagenoeg ’n derde van respondente in die verskillende inkomstekategorieë gesê hulle het genoeg spaargeld om twee tot drie maande te kan oorleef.

Slegs in die kategorie mense wat R40 000 of meer per maand verdien, kan die meerderheid (55%) drie maande of langer van hul spaargeld leef.

In die lig hiervan is dit dalk nie verbasend nie dat 81% van respondente werksekerheid as baie belangriker beskou as werkstevredenheid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.