Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Middeweg dalk moontlik vir ekspats se taks
Suid-Afrikaners wat oorsee werk is redelik bekommerd oor die staat se plan om hul belastingkwytskelding weg te neem.

Die prokureur wat optree namens ’n groot groep Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, is optimisties dat ’n werklik konsulterende uitslag moontlik is wat betref die tesourie se planne om ’n gewilde belastingkwytskelding weg te vat.

Baie van die kommer wat Suid-Afrikaners in die buiteland oor die impak van dié planne uitgespreek het, is deur die nasionale tesourie bestudeer en oor baie van die punte het die tesourie toegegee dat dit geldig is, het Jerry Botha, besturende vennoot van Tax Consulting SA, in ’n verklaring gesê.

Volgens hom het die tesourie verskeie opsies voorgestel wat die beoogde wysigings aan die belastingwetgewing kan versag en wat volgens Botha ver kan vorder om van die vrese van die Expatriate Petition Group, ’n aksiegroep van werkende Suid-Afrikaners in die buiteland, te besweer.

Die tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gaan vandeesweek by die parlement se staande komitee oor finansies verslag doen oor die kommentaar wat tot dusver op sy wetswysigingsvoorstelle ontvang is en wat hulle daarvan dink.

Van die opsies wat oorweeg word, is om die huidige tydperk van 183 dae waarin iemand per jaar in die buiteland kan werk sonder om belasting op die inkomste hoef te betaal, te verleng, of om verdienste wat oorsee verdien is tot op ’n sekere bedrag kwyt te skeld van

Jerry Botha, besturende vennoot van Tax Consulting SA.

belasting.

Tans hoef Suid-Afrikaners wat langer as 183 dae per jaar in die buiteland werk, nie belasting te betaal op daardie inkomste nie, en die tesourie wil dié vrystelling ingevolge sy huidige wysigingsvoorstelle bloot wegvat.

Waar Suid-Afrikaners wel in die buitelandse jurisdiksie belasting betaal, stel die tesourie voor dat hulle dit as ’n belastingkrediet kan terugeis. Die buitelandse werkers kla egter dat die proses om bewyse van buitelandse belasting te kry, in te dien en dan te wag op terugbetaling, tans tot so lank as twee jaar kan duur.

Botha sê die voorgestelde wysigings het aansienlike stres en paniek onder Suid-Afrikaners in die buiteland veroorsaak, maar hy vind dit “bemoedigend dat die tesourie ’n goed-oorwoë middeweg soek”.

Hy sê werksessies wat verlede week in Midrand met die tesourie gehou is, was baie opbouend.

Ruaan van Eeden, besturende direkteur: belasting en valutabeheer by die Geneva Management Group, sê die tesourie sal mooi moet dink

Ruaan van Eeden van die Geneva Management Group.

hoe om die wetswysigings reg te kry om onbedoelde gevolge te vermy.

“ ’n Volstrekte verwydering van die kwytskelding kan lei tot onbedoelde gevolge wat ’n wesenlike uitwerking op sommige Suid-Afrikaanse burgers en op toekomstige belastinginkomste kan hê.”

Van Eeden meen die tesourie bevind hom in ’n moeilike situasie want hy moet skuiwergate in belastingwetgewing toemaak sonder om groot skade aan ander dele van die ekonomie aan te rig.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Said  |  Ekspats
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1451,52 (1114)
  • Top 40 53995,76 (-49868)
  • All Share 60298,16 (-45302)
  • Resource 10 38118,4 (23819)
  • Financial and Industrial 30 85990,41 (-118899)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.