Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
‘Moenie op skuld koop – draai jou sente juis nou om’

Moenie nou uit paniek inkopies doen op skuld nie – op die oomblik moet almal eerder so fyn as moontlik met hul geld werk.

Paniekaankope is nie net onnodig te midde van die Covid-19-uitbreking nie, maar ook skadelik vir jou finansiële welsyn. Foto: Getty Images

Dis die waarskuwing van die Nasionale Kredietreguleerder (NKR), wat sê Suid-Afrikaners moet pasop wanneer hulle voorberei vir die ergste wat die Covid-19-uitbreking betref.

“Baie Suid-Afrikaners voel oorweldig, en leef in angs weens die vinnige verspreiding van Covid-19, wat ’n ongekende bedreiging vir Suid-Afrika en die wêreld inhou,” sê die NKR Maandag in ’n verklaring.

Nomsa Motshegare, uitvoerende hoof van die NKR, sê paniekaankope word meestal op krediet gedoen en dit stel verbruikers bloot aan talle risiko’s.

Volgens Motshegare is dit nou die tyd om soveel as moontlik geld beskikbaar te hê in geval van ’n werklike noodgeval.

Die meeste van die goedere wat angstige verbruikers opgaar, is “onnodig”.

Talle kleinhandelaars het reeds aangekondig dat hulle oorgenoeg voorraad het om aan Suid-Afrikaners se behoeftes te voldoen, ondanks die pandemie.

Paniekaankope vererger dus net jou skuldvlakke in ’n tyd waar jy toegang tot soveel geld as moontlik nodig het, sê Motshegare.

Meer oor:  Nomsa Motshegare  |  Covid-19  |  Geldsake  |  Nasionale Kredietreguleerder  |  Krediet  |  Koronavirus  |  Skuld  |  Nkr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.