Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
‘Moneyweb’-bank mag nie sake doen

Moenie jou geld vir die Moneyweb Private Bank of die Moneyweb Corporate Bank gee om te belê nie – dis bes moontlik ’n bedrogspul.

Oppas vir wie jy jou swaarverdiende geld gee. Foto: Bloomberg

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) waarsku die publiek teen dié banke, wat die embleem van die finansiëlenuus-webwerf Moneyweb in sy kommunikasie misbruik.

Die FSCA sê die “banke” is nie ingevolge die Wet op Finansiële en Tussengangerdienste (Fais) gemagtig om enige finansiële advies of dienste te lewer nie. Skuldigbevinding aan die oortreding van Fais kan tot ’n boete van tot R10 miljoen of tot tien jaar tronkstraf lei.

Die owerheid herinner lede van die publiek dat hulle op die FSCA se webwerf of telefonies kan vasstel of ’n diensverskaffer geregistreer is en ook vir watter kategorie dienste. “Daar is gevalle waar iemand geregistreer is om basiese adviesdienste vir laerisikoprodukte te lewer, maar dan dienste van ’n baie meer ingewikkelde en riskante aarde lewer.”

Kontak die FSCA só om uit te vind of iemand vir adviesdienste geregistreer is:

Meer oor:  Moneyweb  |  Banke  |  Fsca  |  Bankbedryf  |  Geldsake  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.