Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Moyane: ‘Ons is jammer vir al die taks-probleme’
Tom Moyane,kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Foto: Deon Raath

Tom Moyane, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Dinsdag belastingbetalers “nederig om verskoning gevra” oor die meer as 25 700 klagte wat in die afgelope boekjaar ontvang is.

Hy het wel voor die parlement se staande komitee oor finansies gespog dat die SAID vir die tweede keer ooit meer as R1 000 miljard se belasting ingesamel het.

Belasting van R1 144,081 miljard is ingesamel teenoor die teiken van R1 144,382 miljard.

Moyane sê hy ontken nie die negatiewe mediaberigte oor die SAID se vertoning soos blyk uit die Belastingombud se verslag nie.

Moyane sê die SAID luister na belastingbetalers se terugvoer en sal onverpoos werk om foute reg te stel en die aanbevelings van die Belastingombudsman in werking te stel.

Moyane sê in die afgelope boekjaar is 5,74 miljoen opgawes vir persoonlike belasting ontvang. Hiervan is 99,9% elektronies verwerk. Tot 92,4% van die opgawes is binne 3 sekondes verwerk, 97,27% is binne 24 uur verwerk, en 93,28% van die terugbetalings is binne 72 uur gedoen.

Volgens Moyane was die koste van invordering 0,93% van die totale ingevorderde belasting, wat die laagste koste is van die afgelope ses jaar.

Moyane het dit nie aanvanklik bespreek nie, maar agteraan die dokumentasie wat uitgedeel is, word verwys na onreëlmatige besteding van R561 miljoen in die 2015-’16-boekjaar wat aan bonusse bestee is. Hiervan was R3 miljoen vir die bonus aan uitvoerendekomiteelede van die SAID.

Die ouditeur-generaal het die uitgawes as onreëlmatig bestempel en dit het tot die vertraging van die indiening van die SAID se jaarverslag gelei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.