Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Nedbank: Só kry jy nou geld terug vir petrol

Nedbank-kliënte kan nou 25c per liter terugkry as hulle brandstof by BP ingooi.

petrol, spaar, spaarwenke
Afslag op brandstof is nooit te versmaai nie. Grafika: iStock

Die bank het aangekondig lede van sy Greenbacks-lojaliteitsprogram se Card Swiper-pakket sal outomaties die geld terugkry indien hulle hul Nedbank-debiet- of -kredietkaart gebruik om by BP vir brandstof te betaal.

Alle lede kry ewe veel geld terug – die Greenbacks-program het nie soos enkele ander programme ingewikkelde vlakke nie.

Dis een van vele afslagprogramme vir brandstof op die mark. Ander sluit in Absa Rewards wat by Sasol verdien kan word, FNB eBucks by Engen, Standard Bank Ucount-punte by Caltex en Shell se eie lojaliteitsprogram, V+.

Mense wat by Discovery Insure verseker is, kan tot 50% van hul brandstofkoste in ’n maand terugkry na gelang van hoe veilig hulle bestuur. Dit geld by BP of Shell.

95-oktaan-petrol kos tans R14,59 by vulstasies in Gauteng en R13,89 aan die kus, terwyl die groothandelprys van diesel met 0,05% swael R12,26 in Gauteng en R11,65 aan die kus is. Diesel se prys by vulstasies word nie gereguleer nie.

Meer oor:  Nedbank  |  Bp  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Lojaliteitsprogram  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.