Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Nico van Gijsen: Bespaar só op lewenspolisse

Ek kyk vandag na enkele punte oor die koop van risikopolisse (lewens-, ongeskiktheid- en siektepolisse).

Nico van Gijsen

Eers net ’n vraag van ’n leser: “Wat is die minimum etiese vereistes vir ’n makelaar (agent of raadgewer) wat ’n polis aan jou verkoop?”

Etiek kom nie op ’n glyskaal nie. Jy tree óf eties op óf nie. Daar is geen verdere debat hieroor nodig nie.

Ongelukkig het ons te doen met ’n finansiëledienste-omgewing, ingesluit wetgewing, wat finansiële raad gekoppel het aan die smous van ’n produk.

Verder is dit ’n verkoopsbedryf. Die basiese vertrekpunt van “finansiële raad” is die verkoop van ’n produk.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA, Financial Services Conduct Authority, voorheen FSB) self dra by hiertoe, want solank as wat die kruisies in die blokkies gemaak is, kan jy bykans enigiets smous.

En dit voed die teelaarde vir “gratis finansiële raad”, waar jy as kliënt die werklike risiko loop om juis die “raad” te kry wat op die verkoop van ’n polis uitloop. Anders verdien die “gratis raadgewer” nie geld nie. Dit is hoe eenvoudig dit is.

En dít is wanneer etiek op ’n glyskaal kan beland en daarom seker die vraag van die leser.

Finansiële produkte is bloot oplossings vir behoeftes.

Finansiële produkte is bloot oplossings vir behoeftes. Vergeet van die foefies wat jy in TV-advertensies sien, soos geld terug en ander “voordele”. In baie hiervan is etiek juis die eerste slagoffer, en jou beursie die volgende.

Wees versigtig vir die vangplekke met lewenspolisse. Foto: Unsplash

Risikopolisse het regstreeks te doen met jou boedel en daarom meen ek behoort jy ’n behoorlike boedelbeplanning te laat doen en dit so elke drie jaar hersien. Nie die “behoefte-analise” waarop die FSCA aandring nie (ek glo onder druk van die versekeraars), want jy kan mos weet wat die uitkoms gaan wees (lees weer hierbo).

’n Omvattende boedelbeplanning deur ’n kundige kan vir jou baie geld bespaar – baie meer as die koste van so ’n beplanning. Hier is enkele voorbeelde van hoe jy kan bespaar op poliskoste.

  • Loop lig vir goedkoop premies: Hulle styg jaarliks en kort voor lank is die polis te duur en kanselleer jy dit, veral met die sogenaamde “ouderdomspremiegroei”. Ek meen sommige versekeraars beplan dit juis so.
  • Wees versigtig vir polis vir skuld: As jy ’n lewenspolis nodig het vir byvoorbeeld verbandskuld, vermy die polisse wat in waarde afneem saam met die skuld. Dit is verspot duur. Koop ’n gewone lewenspolis, oorweeg dán die laer premie-opsie (byvoorbeeld ouderdomspremiegroei), want teen die tyd dat hy gelyk trek met die normale premie, is jou skuld betaal en kanselleer jy die polis. Só bespaar jy.
  • Oorweeg afsonderlike polisse hiervoor: Neem ander polisse uit vir byvoorbeeld likiditeit in die boedel (seker die grootste enkele probleem met die afhandeling van boedels) en versorging van naasbestaandes. Daar is byvoorbeeld ’n opsie (by sekere versekeraars) om ’n polis uit te neem op die lewe van die langslewende gade, om te verseker dat die boedel by die dood van die laaste gade afgehandel kan word en koste gedek is, sodat erfgename nie benadeel word nie. En so ’n polis is heelwat goedkoper as andersins.
  • As jy kan, kry ’n polis met ’n gelykblywende premie: Dit begin duurder, maar die goedkoper premie word vinnig duurder. Ek is nog gemaklik met ’n premieverhoging van 5% per jaar (vir ouer mense, nie jong mense nie), maar enigiets meer, soos ouderdomspremiegroei, behels ’n hoë risiko vir jou (behalwe in die geval soos ook hierbo genoem waar jy tydelike dekking nodig het).

Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.